Irak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
جمهورية العـراق (Arabies)
Jumhūriyyat al-‘Irāq
کۆماری عێراق (Koerdies)
Komari Eraq
Republiek Irak
Vlag van Irak Wapen van Irak
Vlag Wapen
Nasionale leuse: الله أكبر
Allahu Akbar
(Arabies vir: "God is die grootste")
Volkslied: موطني
Mawtini
(Arabies vir: "My Vaderland")
Ligging van Irak
Hoofstad Bagdad

33°20′N 44°26′O / 33.333°N 44.433°O / 33.333; 44.433

Grootste stad Bagdad
Amptelike tale Arabies en Koerdies
Regering Federale parlementêre
republiek
Barham Salih
Adil Abdul-Mahdi
Onafhanklikheid
• Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
3 Oktober 1932
14 Julie 1958
15 Oktober 2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
437 072 km2  (58ste)
168 754 myl2
1,1
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
37 202 572[1] (36ste)
82,7 / km2 (125ste)
214,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$695 miljard[2] (34ste)
$17 429[2] (71ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$223 miljard[2] (47ste)
$5 601[2] (88ste)

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,685[3] (120ste)  –  medium
Gini (2012) 29,2[4] –  medium
Geldeenheid Dinar (IQD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .iq
Skakelkode +964

Irak (Arabies: العراق, al-‘Irāq; Koerdies: عێراق, Eraq), amptelik die Republiek Irak (Arabies: جُمُهورية العِراق;, Jumhūrīyyat al-‘Irāq, ; Koerdies: کۆماری عێراق, Komari Eraq), is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suidooste, Saoedi-Arabië in die suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn aan die Persiese Golf wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.

Nasa-Satellietbeeld van Irak
Kaart van Irak
Topografiese kaart van Irak

Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (nou Iran) en die Ottomaanse Ryk (nou Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige president Saddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu, die Irak-Iran-oorlog (1980–1988), die Golfoorlog (1991) en die Irakse Oorlog (2003), onderskeidelik ook as die Eerste, die Tweede en die Derde Golfoorlog bekend.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uit Grieks, weens sy ligging tussen die Eufraat- en Tigrisriviere), ook bekend as die wieg van die beskawing. Omstreeks 4 000 v.C. het die Sumeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, die spykerskrif, ontwerp.

In 2340 v.C. het die Akkadiese militêre leier Sargon die gebied verower.

Onlangs[wysig | wysig bron]

Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe die Verenigde State en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7 Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die Verenigde State aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.

Politiek[wysig | wysig bron]

Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesein het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Irak-Iran-oorlog, die Golfoorlog en die Irakse Oorlog.

Onder die bewind van die Ba'ath-party is die Soeni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. Die Sjiïete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n beweerde bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiïete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.

Provinsies[wysig | wysig bron]

Kaart van Irak se 18 provinsies

Irak bestaan uit 18 provinsies:

1. Bagdad
2. Salah ad Din
3. Diyala
4. Wasit
5. Maysan
6. Al Basrah
7. Dhi Qar
8. Al Muthanna
9. Al Qadisyah

10. Babil
11. Karbala
12. An Najaf
13. Al Anbar
14. Ninawa
15. Dhok
16. Arbil
17. At Ta'mim
18. As Sulaymaniyah

Geografie[wysig | wysig bron]

Die Shar Park in Arbil (Irakse Koerdistan) is in 2010 opgeknap

Die grootste dele van Irak is woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golfoorlog.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Irak het die vyfde grootste bekende ruoliereserwes ter wêreld.[5][6]

Demografie[wysig | wysig bron]

Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiïete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uit Arabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) en Turke.

Ongeveer 97% van die bevolking is Moslems (Sjiïete 60% en Soenniete 32%) en sowat 3% is Christene.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 8 Oktober 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Iraq”. Internasionale Monetêre Fonds: April 2018. URL besoek op 8 Oktober 2018.
  3. (en) 2018 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 8 Oktober 2018.
  4. (en) Gini Index”. Wêreldbank. URL besoek op 8 Oktober 2018.
  5. (en) http://www.eia.gov/cfapps/ipdbproject/IEDIndex3.cfm?tid=5&pid=57&aid=6
  6. (en) http://www.opec.org/opec_web/en/data_graphs/330.htm

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Asië

Lande: Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek China | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabakh - Noord-Siprus - Palestina - Republiek China (Taiwan) - Suid-Ossetië

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek China: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika