Jaco du Plessis
Jay | |
---|---|
Geboortenaam | Jan Jacobus Johannes du Plessis[1] |
Ook bekend as | Jay |
Gebore | 11 September 1977 Sasolburg, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1999 - nou |
Etikette | Coleske Artists |
Assosiasies | Eden |
Webwerf | www |
Jaco du Plessis of Jay soos hy bekend staan, is 'n Afrikaanse sanger. Hy is op 11 September 1977 gebore in Sasolburg en het gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord. Na skool het hy by die lugmag aangesluit en was ook deel van die Kannaries-sanggroep. Hierna het hy musiekteater betree en was in verskeie verhoogproduksies betrokke. Hy en sy vrou het vier seuns, Aiden, Samuel, Luka en Jamie.
In 2001 wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand. Die album wat hieruit volg is vir twee GMT-toekennings benoem, waarvan hulle die toekenning vir Beste Pop Album ontvang het. Hy was ook deel van die seun-sanggroep Eden gewees, waarna hy 'n solo sangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, SOLO, het reeds platinumstatus verbygesteek en is bekroon met twee Huisgenoot Tempo-toekennings: Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies.[2]
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Point of No Return (2003) (met Eden)
- Eden (2006) (met Eden)
- Knieë Lam (2008) (met Eden)
- Dekade (2009) (met Eden)
- Solo (2010)
- Bonnie en Clyde (2012) (met Lianie May)
- #Dis Hoe Ons Rol (2013)
- Nooit Oud Raak Nie (2014) (met Eden)
- Vir Liefde (2016) (met Lianie May)
- So Lank Sal Ek Jou Liefhê (2017)
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Platteland (2011)
Televisie
[wysig | wysig bron]Jay en sy gesin was deel van realiteitsreeks, Jay & die Boys, waarin sy vrou, Mia, hom en sy vier seuns uitgedaag het om doen-dit-self-take in en om die huis aan te pak.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ De Swardt, C.J. 2010. Pawees - 'n groot geskenk. Vrouekeur, 18 Junie, p. 10-11.
- ↑ Jay nou 'n solo-ster Geargiveer 24 November 2011 op Wayback Machine, Huisgenoot, 24 Augustus 2010