Jacques Burger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jacques Burger Sportportaal
Jacques Burger 2010.jpg
Geboortedatum 29 Julie 1983 (1983-07-29) (35 jaar oud)
Geboorteplek Windhoek, Namibië
Lengte 1.88 m
Gewig 105 kg
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Flank
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
Bulle
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2004-2015 Vlag van Namibië Namibië 41 40

Jacques Burger (gebore 29 Julie 1983 in Windhoek, Suidwes-Afrika) is 'n afgetrede Namibiese rugbyspeler wat sy loopbaan by Saracens in die Aviva Premierskap klaar gespeel het.

Klub loopbaan[wysig | wysig bron]

Hy het by Saracens aangesluit in die 2009/10 seisoen, en gespeel tot die einde van die 2015/16 seisoen. Hy was gekies as die Saracens Speler van die Jaar in 2010/11.[1] Hy het afgetree van professionele rugby teen die einde van die 2015/2016-seisoen. [2]

Hy het voorheen gespeel vir die Bulle. Hy het ook in Frankryk gespeel, in Aurillac in die 2007/08 seisoen. Burger was gekies deur Brendan Venter as 'n plaasvervanger vir Wikus van der Heerden, wat teruggekeer het na Suid-Afrika.

Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron]

Hy was die kaptein van die Namibië nasionale rugbyspan en het sy internasionale debuut teen Zambië gemaak in 2004. Hy het deelgeneem by die 2007 Rugbywêreldbeker en 2011 Rugbywêreldbeker.[3] By die 2011 Rugbywêreldbeker, het die IRB se Rugby Nuus Diens Jacques Burger gekies as een van die top 5 spelers van die toernooi.

Na aanleiding van 'n harsingskudding in die 2015 Rugbywêreldbeker teen Georgië het Burger sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]