Jan Breytenbach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jan Breytenbach
Lojaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk[1]
Jare in diens 1950-1955 (SAW)
1955-1961 (Koninklike Vloot)
1961-1987 (SAW)[1]
Rang Kolonel
Diensnommer 720101
Veldslae/oorloë 1956 - Suezlanding
Toekennings Van Riebeeck Dekorasie[2][3]
Familie Breyten Breytenbach (broer)
Ander werk Skrywer

Luitenant-Kolonel Jan Breytenbach was die stigter en eerste bevelvoerder van 1-Verkenningsregiment (1-Recce) - voorloper van die latere Spesiale Magte Brigade van die SANW soortgelyk aan die Britse SAS (Special Air Service). Hy is die stigter van 32-Bataljon, ook bekend as "Buffalo Battalion" sowel as 44 Valskermbrigade.

Hy is die broer van die digter Breyten Breytenbach.

Militêre loopbaan[wysig | wysig bron]

Breytenbach het by die Leër Gimnasium in 1950 aangesluit en is in 1953 die Swaard van Vrede toegeken. Daarna het hy by die Royal Navy Fleet Air Arm aangesluit nadat hy in die Pantserkorps diens gedoen het en in die Suez-krisis in 1956 operasionele ervaring opgedoen het. Hy het in 1961 weer by die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) aangesluit en kort daarna het een van die eerste 1-Valskermbataljon kursusse voltooi. Hy het in 1971 1-Verkenningskommando gestig.

In 1975 het Breytenbach die operasie Savannah, die SAW se koverte ingryping in die Angolese Burgeroorlog, gelei. Die oorblyfsels van hierdie groep het later die berugte 32-Bataljon geword.

Hy het in 1977 die Stafkollege kursus bygewoon en is tot kolonel bevorder. In 1978 lei hy die SAW-valskermaanval op Cassinga.[4]

Hy het senior stafoffisier geword by die Noord-Transvaalse Bevelstrutuur en het vanaf 24 September 1980 tot 31 Desember 1982 44 Valskermbrigade aangevoer. Hy het die SAW se Guerillaskool gestig, waarvan hy in bevel was tot met sy aftrede.[3]

Breytenbach het in 1987 uit die weermag afgetree en het sedertdien 'n aantal boeke geskryf. Hy is die broer van die Suid-Afrikaanse digter en skrywer Breyten Breytenbach en van die oorlogskorrespondent / fotograaf Cloete Breytenbach. Gedurende die 1980's het Breyten en Jan Breytenbach sterk teenstrydige politieke standpunte gehandhaaf.

Boeke deur Jan Breytenbach[wysig | wysig bron]

• Breytenbach, Jan (1986). Forged in battle. Saayman & Weber. ISBN 0-7971-0025-3.

• Breytenbach, Jan (1990). They live by the sword. Lemur. ISBN 0-620-14870-5.

• Breytenbach, Jan (1997). Eden's exiles, one soldier's fight for paradise. Queillerie. ISBN 1-874901-24-4.

• Breytenbach, Jan (2001). The plunderers. Covos Day. ISBN 1-919874-01-1.

• Breytenbach, Jan (2002). The Buffalo Soldiers, the story of South Africa's 32-Battalion, 1975–1993. Galago. ISBN 1-919854-07-X.

• Breytenbach, Jan (2008). Eagle Strike: The Story of the controversial airborne assault on Cassinga 1978. Manie Grove Publishing. ISBN 978-0-620-40614-7.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) "Authors - Col. Jan Breytenbach". The Galago Publishing Company. Besoek op 27 November 2008. 
  2. (en) "History of the South African Special Forces". SAForces Club. Besoek op 2008-11-27. 
  3. 3,0 3,1 Els, Paul J., WO1 (2010). We conquer from above. PelsA Books. ISBN 978-0-620-46738-4. 
  4. http://etd.uwc.ac.za/xmlui/bitstream/handle/11394/1711/Shigwedha_PHD_2011.pdf