Jared Taylor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jared Taylor
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jared Taylor in 2008

Geboortenaam Samuel Jared Taylor
Gebore 15 September 1951 (1951-09-15) (67 jaar oud)
Kobe, Japan
Alma mater Yale-universiteit (B.A.)
Paryse Instelling vir Politieke Studies (M.A.)
Beroep Redakteur van American Renaissance
Huweliksmaat Evelyn Rich
Kind(ers) 2 dogters
Webblad American Renaissance

Samuel Jared Taylor (gebore 15 September 15 1951) is 'n Amerikaanse wit heerssugtige (Engels: white supremacist) en redakteur van American Renaissance, 'n wit heerssugtige aanlyntydskrif wat hy in 1990 gestig het. Taylor is ook 'n outeur en is die president van American Renaissance se moedermaatskappy, New Century Foundation, waardeur verskeie van sy boeke gepubliseer is. Hy is 'n voormalige lid van die adviserende raad van The Occidental Quarterly en 'n voormalige direkteur van die National Policy Institute, 'n wit nasionalistiese dinkskrum in Virginia. Hy is ook 'n raadslid en woordvoerder van die Raad van Konserwatiewe Burgers.

Taylor word, nes vele van die organisasies waarmee hy geassosieer word, deur onder andere burgerregte-organisasies, nuusmedia, en akademici wat rassisme in die VSA bestudeer, daarvan beskuldig dat hy rassistiese ideologieë bemark.

Vroeë lewe en opvoeding[wysig | wysig bron]

Taylor is op 15 September 1951 in Kobe, Japan vir sy Christelike sendeling-ouers gebore. Hy het tot en met die ouderdom van 16 in Japan gewoon en het tot op die ouderdom van 12 Japannese skole bygewoon en sodoende vlot in Japannees geraak.[1]

In 1973 verwerf hy 'n BA-graad in filosofie van Yale-universiteit.[2] In 1978 verwerf hy 'n MA-graad in internasionale ekonomie van die Paryse Instituut vir Politieke Studies.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]