Jasmyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Jasmyn
Jasminum polyanthum2.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Subdivision:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
J. polyanthum
Binomiale naam
Jasminum polyanthum
Franch. 1891

Die jasmyn of Jasminum polyanthum is ’n immergroen klimplant van die olyffamilie, Oleaceae, en is inheems aan China en Birma (Mianmar).[1]

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Dit het talle rooi-pienk blomknoppe in die laat winter en vroeë lente, gevolg deur welriekende, stervormige blomme met vyf kroonblare wat sowat 2 cm breed is. Dit het saamgestelde blare met 5 tot 7 blaartjies wat donkergroen is bo en ’n ligter groen onder. Die eindblaartjie is merkbaar groter as die ander blare. Die plant groei welig en kan tot 6 meter hoog word as dit gestut word.

Die jasmyn is bekend as ’n huisplant. Dit sal die beste blom as dit in die somer in die son geplaas word sodat die lote kan ryp word. In die herfs kan dit in die huis ingebring word. Dit groei vinnig en maklik. Dit kan buite gebruik word om mure en heinings te bedek. Dit groei ewe goed in die son en ligte skadu. Dit kan gekweek word deur middel van saad en wortellote.

Probleme[wysig | wysig bron]

As die blomknoppe nie oopgaan nie, kry die plant te min lig. As die blomknoppe bruin word, is dit te warm en droog. Rooimyte en plantluise kan voorkom.[2]

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Kew World Checklist of Selected Plant Families, Jasminum polyanthum
  2. Longman, David (1992). Gesonde huisplante, stap vir stap geïllustreer. Pretoria: J.L. van Schaik. ISBN 0 627 01827 0.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]