Jewgeni Woetsjetitsj
Jewgeni Woetsjetitsj | |
---|---|
Geboortenaam | Jewgeni Wiktorowitsj Woetsjetitsj |
Gebore | Jekaterinoslaf, Russiese Ryk | 28 Desember 1908
Sterf | 12 April 1974 (op 65) Moskou, Sowjetunie |
Nasionaliteit | Rusland (1908–1914) Sowjetunie (1922–1974) |
Veld | Beeldhouwerk |
Opleiding | Rostof kunsskool, Instituut van Proletariese Beeldende Kunste |
Beweging | Sosialistiese realisme |
Jewgeni Wiktorowitsj Woetsjetitsj (Russies Евгений Викторович Вучетич; wetenskaplike transliterasie Evgenij Viktorovič Vučetič; * 28 Desember 1908 in Jekaterinoslaf, Russiese Ryk, tans Oekraïne; † 12 April 1974 in Moskou) was 'n bekende Sowjet-beeldhouer en kunstenaar. In 1967 is hy as "Held van die sosialistiese arbeid" vereer nadat in 1959 reeds die status van "Volkskunstenaar van die Unie van Sosialistiese Sowjet-republieke" aan hom toegeken is. Woetsjetitsj het veral met sy groot heroïese monumente, wat in 'n allegoriese styl ontwerp is, bekendheid verwerf.
Woetsjetisj was van Montenegrynse en (van moederskant) Franse afkoms en is in Jekaterinoslaf, die huidige Dnipropetrofsk in Oekraïne gebore. Hy was een van die leidende verteenwoordigers van die Sosialistiese realisme en is met talle toekennings bekroon, waaronder die Lenin-prys (1970), die Stalin-prys (vyf keer), die Orde van Lenin (twee keer) en die Orde van die Groot Vaderlandse Oorlog (tweede klas).
Werke
[wysig | wysig bron]- Sowjet-monument in die Treptower Park te Berlyn (1949)
- Swaarde tot ploegskare voor die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York (1957)
- Skulptuur van Feliks Dserzjinski op die Loebjanka-plein in Moskou (1958; in 1991 tydens die Augustus-staatsgreep gesloop)
- Moeder Tuisland roep op die Mamajef-heuwel in die huidige Wolgograd (1963–67)
- Grootste Lenin-standbeeld ter wêreld by die Wolga-Don-kanaal suid van die huidige Wolgograd (1970–73)
- Moeder Tuisland in Kiëf (begin in 1972, geopen in 1981)
Galery
[wysig | wysig bron]-
Russiese 2 roebel-silwergedenkmunt wat ter geleentheid van Jewgeni Woetsjetitsj se 100ste verjaardag uitgereik is
-
Sowjet-monument in Berlyn
-
„Swaarde tot ploegskare“ in New York
-
„Moeder Tuisland roep“ in Berlyn-Treptow
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Jewgeni Woetsjetitsj. |
- Biografie op peoples.ru (in Russies)
- Inskrywing in die leksikon im Lexikon Kunstenaars van Rusland (in Russies)