Johan Badenhorst

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Johan Badenhorst is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is in 1959 gebore. Hy ontvang sy laerskoolopleiding op Laerskool Nongoma in Zoeloeland, waar sy pa onderwyser was, waarna hy na Hoërskool Empangeni gaan.

Lewe en werk[wysig | wysig bron]

Reeds op skool begin hy nuus stuur vir die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en werk dan vir 'n ruk by die SAUK. In 1990 sluit hy aan by Scholtz Films waar hy onder andere die televisieprogramme “Boude en blaaie” en “Van die Kaap tot die Kunene” oor die skrywer, swerwer en kok Pieter Pieterse gedoen het. Hierdie programme was sy leerskool vir koskook- en reisprogramme en sy inspirasie vir die  televisieprogram “Voetspore”, waarvan hy die vervaardiger is. Vanaf 2000 onderneem sy span gereelde Afrika-reise, op verskillende roetes, sodat die besienswaardighede en interessante inligting van die kontinent op hierdie manier ontbloot word. Hieruit spruit verskeie reekse van “Voetspore”. Die sukses van die televisieprogram laat hm besluit om ook die Voetspore- leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in April 2013 by 'n winkelsentrum in die ooste van Pretoria te begin. Dit verskaf al die benodigdhede vir die mense wat self reise wil onderneem, terwyl die monteringsentrum voertuie uitrus met fasiliteite soos ekstra water- en petroltenks en spesiale vering.[1] Johan is ook die vervaardiger van die musiekspel “Stuur groete aan Mannetjies Roux”. Hy is getroud met Alma en hulle het drie kinders, van wie Streicher die oudste is, Heleen die middelkind en Nina die jongste. Die gesin bly in Mooikloof in Pretoria.[2]

Skryfwerk[wysig | wysig bron]

Hy vertel die televisieprogram Voetspore se reisavonture in die boeke In die voetspore van die grotes, Voetspore op die strand,[3] Van die Kaap tot Kilimandjaro,[4] Van Kilimandjaro tot by Kaïro, Van Gansbaai tot Gaboen, Casablanca tot die Kaap en Agulhas tot Alexandrië. Dit bevat vertellings oor die reis, meermale op 'n dag-tot-dag verslag van die dag se gebeure, ryklik geïllustreer met foto’s. Voetspore 4x4 kookboek[5]” is 'n praktiese kookboek vir mense wat reis. [6]

Publikasies[wysig | wysig bron]

  • 2001: In die voetspore van die grotes
  • 2002: Voetspore op die strand
  • 2007: Van die Kaap tot Kilimandjaro
  • 2007: Voetspore 4x4 kookboek
  • 2008: Van Kilimandjaro tot by Kaïro
  • 2009: Van Gansbaai tot Gaboen
  • 2011: Voetspore: Casablanca tot die Kaap
  • 2013: Voetspore: Agulhas tot Alexandrië

Ander Verwysings[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]