Johannes Nicolaas Brits

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Question book-4.svg Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne aan die artikel by te voeg.

Johannes Nicolaas Brits was die eienaar van die plaas Bloemfontein wat later aan Maj Warden verkoop is. Hy was ook die eienaar van Roodekopjes wat deur sy Pa Gerrit Brits besit is waar die dorp Brits vandag geleë is.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Bloemfontein was die setel van die parlement van die Oranje-Vrystaat (1893) en 'n standbeeld van Generaal Christiaan de Wet is hier opgerig. As 'n nalatenskap van die Groot Trek is die Bloemfonteingebied reeds as plaas bewoon deur die Voortrekker, ene J. N. Brits. Die dorp is in 1850 die eerste keer as 'n woongebied verklaar, vier jaar voor die stigting van die Oranje-Vrystaat. In 1899 is die Bloemfontein Konferensie in Bloemfontein gehou, wat (sonder sukses) gepoog het om die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog te vermy. Die behoefte aan 'n perdesiekte-vrye gebied gedurende die Anglo-Boereoorlog het meegebring dat ene Majoor H. D. Warden hier gevestig het. Op 13 Maart 1900 het Britse magte die stad oorgeneem.