Justin Bieber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Justin Bieber
Justin Bieber NRJ Music Awards 2012.jpg
Justin Bieber in 2012
Geboortenaam Justin Drew Bieber
Geboorte 1 Maart 1994 (1994-03-01) (22 jaar oud) [1]
London, Ontario, Kanada
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer
Genre(s) Pop, R&B[2][3][4]
Instrument(e) Stem, kitaar, klavier, perkussie,[5] trompet[6]
Aktiewe jare 2008–hede
Uitgewer(s) Island, Teen Island, RBMG, School Boy, Def Jam
Webwerf justinbiebermusic.com
Assosiasies Carly Rae Jepsen, Jaden Smith, Ludacris, Usher, Skrillex
Portal.svg Musiekportaal

Justin Drew Bieber[7] (uitspraak: [biːbər]; * 1 Maart 1994)[1][8] is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger.[2][3][4] Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is.[9] Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan.[5][10]

Bieber in September 2009 by die Nintendo World Store.

Justin Bieber se debuutenkelspeler, "One Time", is in 2009 wêreldwyd uitgereik en het in meer as 10 lande onder die top-30 op die trefferlyste verskyn. Dít is op 17 November 2009 deur die EP My World opgevolg, wat deur die RIAA in die Verenigde State as 'n platinumvrystelling gesertifiseer is. Hiermee het Bieber die hoogste debuut deur 'n nuwe kunstenaar in daardie jaar bereik en hy het dan ook die eerste persoon geword wat sewe snitte op een debuutalbum op die Billboard Hot 100 gehad het.[11] Sy eerste volledige ateljeevrystelling, My World 2.0, is op 23 Maart 2010 vrygestel en het soortgelyke sukses behaal: dit het op nommer een en binne die toptien van verskeie lande gedebuteer en is in minder as twee maande in die Verenigde State as platinum gesertifiseer. Hierdie uitreiking is deur die internasionale treffer "Baby" voorafgegaan.

Diskografie

  • My World (2009)
  • My World 2.0 (2010)
  • Under the Mistletoe (2011)
  • Believe (2012)
  • Purpose (2015)

Toere

  • Urban Behavior Tour (2009)
  • My World Tour (2010–11)
  • Believe Tour (2012–13)
  • Purpose World Tour (2016)

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Anderson, Kyle, "Justin Bieber Joins The Ranks Of Youngest 'SNL' Performers", MTV Newsroom, MTV Networks, 22 Februarie 2010. URL besoek op 24 Februarie 2010.
  2. 2,0 2,1 Justin Bieber Biography & Awards”. Billboard. Nielsen Business Media, Inc.. URL besoek op 15 Junie 2010.
  3. 3,0 3,1 Farber, Jim. “Justin Bieber, 'My World 2.0'”. New York Daily News. URL besoek op 14 Junie 2010.
  4. 4,0 4,1 allmusic ((( Justin Bieber > Overview )))”. Allmusic. Macrovision Corporation. URL besoek op 21 Oktober 2009.
  5. 5,0 5,1 Mitchell, Gail (28 April 2009). “Usher Introduces Teen Singer Justin Bieber”. Billboard. e5 Global Media. URL besoek op 23 Julie 2009.
  6. MTV- Justin Bieber artist profile”. MTV. MTV Networks. URL besoek op 22 Desember 2009.
  7. Greenblatt, Leah, "My World 2.0 (2010)", Entertainment Weekly, Time, 10 Maart 2010. URL besoek op 11 Junie 2010.
  8. inogolo:how to pronounce Justin Bieber.
  9. Herrera, Monica (19 Maart 2010). “Justin Bieber – The Billboard Cover Story”. Billboard. e5 Global Media. URL besoek op 7 Mei 2010.
  10. Herrera, Monica, ""Time" is right for teen singer Justin Bieber", Reuters, Thomson Reuters, July 13, 2009. URL besoek op 22 Julie 2009.
  11. Justin Bieber Fever Hits Miami”. CBS News. CBS Interactive: 5 Februarie 2010. URL besoek op 27 Maart 2010.

Eksterne skakels

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: