Kaapse kanferfoelie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kaapse Kanferfoelie)
Jump to navigation Jump to search

Kaapse Kanferoelie
Tecoma capensis InflorescenceLeaves BotGard0906b.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. capensis
Binomiale naam
Tecoma capensis
Sinonieme

Tecomaria capensis

Kaapse Kanferfoelie (Tecoma capensis) is 'n blomdraende plant wat inheems in Suider-Afrika voorkom.[1] Dit is 'n gewilde struik wat massas blomme voortbring en nektar-vretende voëls en insekte lok.

Ongeag die naam, is dit nie verwant aan die gewone Kanferfoelie, wat in die Noordelike Halfrond voorkom nie. Ander inheemse name vir die plant sluit in: Cape honeysuckle in Engels, umsilingi (ook inkaca of Icakatha) in Xhosa en Incwincwi (ook Uchacha of Udodo) in Zoeloe.

Hierdie spesie is nie net hier 'n groot trefter nie, maar ook in ander wêrelddele, veral in die Verre Ooste en die Middellandse See-gebied, waar die plant net so goed aard as in Suid-Afrika. In Suid-Afrika word hierdie inheemse spesie algemeen as ʼn heiningplant gebruik en dit blom in die somer, veral na goeie reën.

Die helderoranje blomme van hierdie spesie vertoon treffend, hoewel ʼn ander variëteit met roomgeel blomme net so mooi is. Tecomaria capensis kom voor in Oos-Kaapland, Natal, Noordoos-Transvaal en die tropiese dele van Afrika. Sover bekend kom 4 ander Tecomaria~spesies in die tropiese dele van Afrika en Amerika voor. Tecomaria capensis is ʼn bosserige struik wat lang lote vorm en daarom word dit ook as 'n rankplant aangeplant.

Dit word sowat 3 tot 4,5 m hoog en sprei ook net so breed. As informele heiningplant is die spesie baie waardevol en vertoon pragtig met die helder-oranje, buisvormige blomme van sowat 4 cm lank. Die 4 terugbuigende lobbe tuit taamlik groot oop met uithangende meeldrade. Die blomme verskyn gedurende die herfs, maar kom in rypvrye gebiede gedurende die hele winter in oorvloedige trosse aan die takpunte voor.

Die heldergroen blare van die plant is veervormig saamgestel en ongeveer 4 cm lank, eiervormig en getand. Die plante kan ook deeglik met die snoeiskêr bygekom word en nuwe lote kom gewoonlik weer in die lente te voorskyn. Kanferfoelies verkies oop, sonnige plekke, maar grond wat met baie kompos verryk is, sal die plante gouer laat groei. Steggies kan gedurende die herfs van halfryp lote gemaak word, maar inlêers ontwikkel ook gou wortels. Ander uitheemse kanferfoeliespesies wat ook in Suid-Afrika aangetref word, is onder andere die gewone of tuin-kanferfoelie (Lonicera caprifolium), 'n klimplant met witpers blomme uit Europa wat ook inheems is in Wes-Asië.

Lonicera japonica, ofte wel die Japanse kanferfoelie, is weer inheems in China, Korea en Japan en het wit blomme met pers tinte. Lonicera sempervirens, ook bekend as die trompetkanferfoelie, is inheems in Noord-Amerika en het omstreeks 1656 in Europa bekend geword. Die helderoranjerooi blomme is lank en buisvormig, ongeveer 4 cm lank en reukloos.

Hierdie plant rank veral baie hoog op teen die boomstamme in Noord-Amerikaanse woude en die rooi bessies is veral opvallend. Kanferfoelies is in die algemeen baie gewilde tuinplante omdat dit veral langs heinings en teen mure geplant kan word.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1405332964. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]