Kaapse maanskynvis
Kaapse maanskynvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. falciformis
|
Binomiale naam | |
Monodactylus falciformis (Lacepède, 1801)
|
Die Kaapse maanskynvis (Monodactylus falciformis) kom voor aan die ooskus van Afrika, van Tanzanië tot by die Breederivier in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Cape moony of die Oval Moony.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die volwasse vis is silwer terwyl die punte van die dorsale- en anale vinne donker geel of swart is. Die onvolwasse visse is ook silwer met 11 - 12 nou, donker vertikale strepe oor die liggaam. Die vis word 25 cm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Hulle kom voor in water met sanderige of rotsagtige omgewings; die volwasse visse verkies riviere, strandmere en hawe-areas sowel as die oop see terwyl die onvolwasse vissies in varswater of strandmere kan voorkom. Die vis is geskik vir 'n kouewater-akwarium. Dié vis kom meer algemeen voor as die Natalse maanskynvis veral langs die Natalse suidkus.
Trivia
[wysig | wysig bron]Paul Skelton noem die vis die Ovaalmaanskynvis in sy boek A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7