Kamanassieberge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Kamanassieberge is 'n inselberg in die Klein Karoo, Wes-Kaap, suid van die Swartberg en noord van die die Outenikwaberge. Dit strek in 'n oos-wes rigting vanaf Dysselsdorp tot wes van Uniondale en is net oor die 50km lank. Die hoogste punt op die berg is Mannetjiesberg,[1] 1955.3 m bo seevlak. Die N9 nasionale pad gaan tussen die Outenikwaberge en die Kamanassieberge deur. Die Kamanassie-natuurreservaat beslaan die grootste gedeelte van die berg.

Kamanassie is 'n Khoisanwoord en beteken berg van water.

Die Olifantsrivier dreineer die noorde en die Kamanassierivier die suidekant van die berg.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Cape West: 2nd edition. A relief map of the most southerly part of Africa.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Koördinate: 33°38′6.73″S 22°42′26.52″O / 33.6352028°S 22.7073667°O / -33.6352028; 22.7073667