Kampioentrofee 2025

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kampioentrofee 2025
Datums Februarie – Februarie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Pakistan Pakistan
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2017
2029

Die Kampioentrofee 2025 (Engels: 2025 ICC Champions Trophy) sal in Februarie 2025 in Pakistan plaasvind. Dit sal die negende Kampioentrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Pakistan. Die gasheer is ook die verdedigende kampioen.

Toewysing[wysig | wysig bron]

In 2016 het die IKR aangekondig om met die Kampioentrofee ná die 2017-toernooi weg te doen. Die IKR het die doelwit gehad om vir elkeen van die drie formate een toernooi te hê.[1] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[2] In dieselfde maand is die Kampioentrofee 2025 deur die Internasionale Krieketraad aan Pakistan toegewys.[3] Dit sal die eerste belangrike toernooi in Pakistan sedert die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan wees, aangesien dit ná dié aanval van sy gasheerregte vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem is.[4][5] Die laaste vername toernooi wat in Pakistan aangebied is, was die Krieketwêreldbeker 1996 wat hulle saam met Indië en Sri Lanka aangebied het. Ramiz Raja, die Pakistanse Krieketraad se huidige voorsitter, het dié beheerraad se belangstelling aangekondig om in Islamabad ’n stuk grond te koop vir ’n beplande krieketstadion wat betyds vir die toernooi klaar sal wees.[6]

Deelnemers[wysig | wysig bron]

Aan die Kampioentrofee 2025 sal agt spanne kan deelneem.[7]

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Die spanne sal in twee groepe van vier spanne elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die boonste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde sal in die eindstryd ontmoet.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 26 April 2022.
  2. (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. Besoek op 26 April 2022.
  3. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  4. (en) "Pakistan counts cost of Cup shift". BBC. 18 April 2009. Besoek op 26 April 2022.
  5. (en) "World Cup matches moved out of Pakistan". ESPNcricinfo. 17 April 2009. Besoek op 26 April 2022.
  6. (en) "PCB to build high-tech stadium in Islamabad for Champions Trophy 2025". Pakobserver. 22 Desember 2021. Besoek op 26 April 2022.
  7. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.


Kampioentrofee Cricketball.svg

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029