Kanadese dollar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kanadese Dollar)
Spring na: navigasie, soek
Die mees gebruikte geldeenhede by waarde
Geldeenheid-verspreiding van globale buitelandse valutamarkte omset[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
(ISO 4217)
 % daaglikse aan-
deel (Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde StateAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van EuropaEuro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese Jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek van SjinaSjinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse Rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%

Die Kanadese Dollar (ISO 4217-kode: CAD) is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.

Terwyl die International Organization for Standardization (ISO) se kode CAD (drie letters sonder monetêre simbole) algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$ (wat deur die Kanadese regering volgens The Canadian Style Guide aanbeveel en ook deur die Internasionale Monetêre Fonds gebruik word), Can$ en CDN$ (volgens Editing Canadian English) vir die Kanadese geldeenheid.

Die Kanadese Dollar word in 100 sent opgedeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk.

Die geskiedenis van Kanada se geldeenheid weerspieël die verswakkende ekonomiese bande met die Verenigde Koninkryk en die belangrikheid van sy toenemende handel met die Verenigde State. Die relatief sterk handelsbande met die VSA was ook 'n beslissende faktor by Kanada se besluit in die 1850's om ten spyte van Britse opposisie eerder die dollar as amptelike geldeenheid te kies as die pond. Nogtans het sowel Amerikaanse asook Britse muntstukke tot by die 1930's naas die nasionale Kanadese banknote en muntstukke 'n wettige betaalmiddel in Kanada gebly.

Die ekonomiese invloed van die VSA het ook Kanada se wisselkoersbeleid oorheers: Gedurende die 19de en vroeë 20ste eeu het albei lande die goudstandaard gehandhaaf en hul geldeenhede gevolglik teen pariteit verhandel. Vanweë die afwykende struktuur van Kanadese uitvoere - die land is in teenstelling met die VSA nogal 'n beduidende uitvoerder van verwerkte goedere - en die noodsaaklikheid om sy eie ekonomiese doelwitte met 'n onafhanklike makro-ekonomiese beleid te bereik - het Kanada in 1950 en 1970 die voorkeur aan 'n fluktuerende wisselkoers gegee. In September 2007 het die Kanadese dollar - net soos in 1976 - weer teen pariteit met die Amerikaanse dollar verhandel.

Notas[wysig | wysig bron]

  1. Die totale bedrag is 200% want elke geldeenheid handel behels altyd 'n geldeenheid paar.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) World’s Most Traded Currencies By Value 2012”. investopedia.com. URL besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) Report on global foreign exchange market activity in 2013”. (PDF) Triennial Central Bank Survey. Bank for International Settlements: April 2013. URL besoek op 22 Oktober 2013.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: