Karasee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karasee
Yenisei Ob Kara Sea.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Karasee met die mondings van die Jenisej- en Ob-riviere
Kara Sea map.png
Kaart van die Karasee
Koördinate: 77°N 77°O / 77°N 77°O / 77; 77Koördinate: 77°N 77°O / 77°N 77°O / 77; 77
Ligging: Siberië, Rusland
Soort: See van die Arktiese Oseaan
Oppervlakte: 880 000 km² (340 000 myl²)
Gemiddelde diepte: 127 m (417 vt)
Maksimum diepte: 620 m (2 034 vt)
Volume: 121 000 km³
Invloei: Jenisej, Ob
Eiland/e: Franz Josef-land, Nowaja Zemlja, Sewernaja Zemlja
Gevries: Feitlik die hele jaar
Oewer van die Karasee

Die Karasee (Russies: Ка́рское мо́ре, Karskoye more) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Nowaja Zemlja in die weste, Franz Josef-land in die noordweste, Sewernaja Zemlja in die noordooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Karasee grens aan die Barentssee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Laptefsee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 880 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 127 m.[1] Die see is genoem ná die Kararivier; Kara beteken "gedempte ys" in die Nenets-taal.

Belangrike riviere wat in die Karasee uitmond is die Jenisej en Ob. Die see is feitlik die hele jaar gevries.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Kara Sea". Encyclopædia Britannica. Verkry op 16 Julie 2017. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]