Karla du Plessis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karla du Plessis
Beroep(e) Sangeres
Uitgewer(s) Karla du Plessis Produksies
Portal.svg Musiekportaal

Karla du Plessis is die jongste dogter van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Koos du Plessis. Koos du Plessis het die lied Karla oor haar gesing. Sy is nou self een van die bekendste sangeresse en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf. Op haar eerste twee albums sing sy liedjies van haar vader. Op die album "Woordeloos" sing sy saam met haar vader "As jy my kon volg" waar die stemme digitaal saamgestel is. Saam met Theuns Jordaan sing sy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV program Jopie Adam was. Vir haar derde album "Steeds op vrye voet" is sy bekroon as die beste album deur 'n sangeres.

Diskografie[wysig | wysig bron]

Karla du Plessis het tot dusver drie albums vrygestel:

  • Woordeloos (1999)
  • Rank (2001)
  • Steeds op vrye voet (2004)[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Vetseun.co.za, besoek op 18 Desember 2010.

Sien ook[wysig | wysig bron]