Kazimierz Moczarski

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kazimierz Moczarski
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Kazimierz Damazy Moczarski
Gebore 21 Julie 1907
Warskou
Oorlede 27 September 1975
Warskou
Nasionaliteit Vlag van Pole Pole
Beroep luitenant en joernalis
Bekend vir Gesprekke met 'n teregsteller

Kazimierz Damazy Moczarski (21 Julie 1907 - 27 September 1975) was 'n offisier van die Poolse Tuisleër. Hy was 'n luitenant (1944), kaptein (1945) en 'n joernalis. Moczarski is hoofsaaklik bekend vir sy boek Conversations with an Executioner ("Gesprekke met 'n teregsteller"), 'n reeks onderhoude met sy mede-gevangene, die Nazi-oorlogkrimineel, Jurgen Stroop.

Vroeë lewe[wysig]

Moczarski was op 21 Julie, 1907 gebore in Warskou en was die seun van Jan Damazy, 'n onderwyser en hoof van 'n middelbare skool, en Michalina Franciszka (née Wodzinowska), ook 'n onderwyseres. Hy het in Oktober, 1926 begin om regte te studeer and die Universiteit van Warskou. Tydens sy studies is hy opgeroep as dienspligtige vir die reserwe infanterie battaljon by Bereza Kartuska. Dit het geduur van Augustus 1929 tot Junie 1930. Na sy gradering in Desember 1932 het hy aangehou met se studies by die Joernalistieke Kollege in Warskou en in 1933 hy hy gaan studeer by die Institut des Hautes Études Internationales by die Universiteit van Parys. Moczarski het in 1935 na Warskou teruggekeer, waar hy 'n raadgewer vir die Ministerie van Arbeid en Sosiale Diense geword het; sy spesialiteit was Poolse en internasionale wettlike regulasies.

Hy was aktief in verskeie areas en was ook 'n lif van die "Jeug Legion" en 'n lid van die radikale organisasie "Arbeidersklub Maurycy Mochnacki". In 1937 het hy deelgeneem aan die organisasie van die Demokratiese Klub in Warskou (die eerste vergadering het by sy woonstel in Warskou plaasgevind.

Tweede Wêreldoorlog[wysig]

Tydens die 1939 Poolse-Duitse September veldtog, was Moczarski 'n bevelvoerder van 'n peleton wat deel was van die 30ste infanterie afdeling en het ook deelgeneem aan die 1939 Slag van Warskou.

Later, in Duits-besette Warskou, was Moczarski 'n aktiewe lid van die geheime Demokratiese Party en het ook deelgeneem aan anti-Duitse aktiwiteite in die Tuisleër. In die leër was Moczarski aanvanklik 'n lid van die inligtingsdepartement onder die kodenaam “Rafal”. Tot en met herfs 1943 het hy gekonsentreer op die militêre intelligensie en propaganda departement (die "BiP") van Warskou se Tuisleërdistrik. Vanaf Mei 1944 het Moczarski (nou onder die kodenaam “Maurycy”) die pos as Hoof van die Departement van Personeel van Sabotasie oorgeneem. Die departement se taak was om Poolse bedriërs en Duitse informante te beveg en Moczarski was beskou as hoogsbekwaam in sy pos. Dit was sy idee om Poolse gevangenes wat deur die Duitsers by die Jan Bozy Hospitaal in Warskou aangehou was, opnuut in gevangenis te neem (11 Junie, 1944).

Warskou Opstand[wysig]

Kort voor die Warskou Opstand was Moczarski 'n nuwe pos gegee as die hoof van die radio- en telegraafdiense van die Tuisleër se hoofkwartiere. Tydens die opstand was Moczarski in beheer van een van die radiostatsies, "Rafal" wat in Warskou se Srodmiescie-Polnoc-distrik geleë was. In September 1944 het hy na 'n ander stasie beweeg, "Danuta", wat by Wikokstraat 16 geleë was. Op die selfde tyd was hy hoofredakteur van "Wiadomości Powstancze" ("Opstandnuus"), wat 'n daaglike streeklike bylaag tot die Tuisleër se “Biuletyn Informacyjny” (“Inligtingsbulletin”) was. Hy was op 14 September, 1944 bevorder to reserwe luitenant.

Na die ineenstorting van die Warskou Opstand op 7 Oktober, 1944, het Moczarski die stad verlaat saam met 'n aantal kollegas van die BiP, maar het kort daarna teruggekeer om te help met die onstnapping van Jan Stanisław Jankowski, 'n afgevaardigde van die Poolse regering in ballingskap. Hy het later sy ondergrondse aktiwiteite voortgesit en sy kodenaam na “Grawer” verander in 1944. In Oktober van daardie jaar was hy aangewys as die hoof van die BiP. Hy het probeer om die departement se kantoor te restaureer, aangesien die tydens die opstand vernietig was.

Arrestasie[wysig]

Moczarski is op 11 Augustus, 1945 gevange geneem deur die Kommunistiese regering. Op 18 Januarie, 1946 was hy gevonnis deur 'n militêre hof tot tien jaar tronkstraf, maar die vonnis is in Februarie 1947 verkort tot vyf jaar. Ten spyte daarvan dat hy sy vonnis uitgedien het, was Moczarski nie van Warskou se Mokotów gevangenis vrygestel nie. Hy vir 'n periode saam met twee Duitse SS-lede gewoon: SS-Sturmbannführer van BdS Krakau Gustaw Schielke and SS-Brigadeführer Jürgen Stroop. 'n Aantal jare later het hy die boek “Rozmowy z katem” (“Gesprekke met 'n teregsteller”) geskryf, wat saamgestel is uit sy gesprekke met Stroop, wie verantwoordelik was vir die vernietiging van die Warskou Ghetto, na die Warskou Ghetto Opstand in 1943.

In 1952 was 'n nuwe regsproses begin en, volgens die besluit deur Warskou se Distrikshof, was Moczarski ter dood veroordeeld op 8 November, 1952. Amper 'n jaar later, op 8 November, 1952, was die vonnis verander na lewenslange tronkstraf. Moczarski was nie van hierdie laaste besluit ingelig tot in Januarie 1955 nie.

Latere lewe[wysig]

Moczarski was vrygestel op 24 Junie, 1956 en in Desember van daardie selfde jaar is hy vrygespreek van alle vorige klagters. Na sy vrystelling het hy by die Poolse Demokratiese Party aangesluit. Hy het ook as joernalis vir die koerant "Kurier Polski" ("Poolse Koerier") gewerk. Hy was ook aktief 'n 'n anti-alkohol beweging en was vir 'n periode die hoofredakteur van die tydskrif "Problemy Alkoholizmu".

In April 1972 was die eerste deel van "Gesprekke met 'n teregsteller" gepubliseer in die maandelikse publikasie "Odra". Dit is vervolgend uitgegee tot in Februarie 1974 en was in boekvorm uitgegee in 1977. Moczarski het egter twee jaar vroeër reeds gesterf, op 27 September, 1975, in Warskou.

Bronnelys[wysig]

Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Kazimierz Moczarski.
  • Andrzej Krzysztof Kunert, "Oskarżony Kazimierz Moczarski". Wydawnictwo Iskry, Warszawa 2006.