Ken Andrew

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ken Andrew (30 Mei 1943) is 'n Suid-Afrikaanse politikus[1] en was Volksraadslid van die Progressiewe Federale Party van 1977 vir die kiesafdeling kaapstad-Tuine en van 1989 tot 1994 vir dieselfde kiesafdeling vir die Demokratiese Party.

Hy matrikuleer aan die Hoër Seunskool Rondebosch waar hy hoofseun was. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en behaal eers sy B.Sc. en later 'n meerstersgraad in sakeadministrasie. Hy is getroud met Adrianne en het twee kinders.

Politieke loopbaan[wysig | wysig bron]

Reeds aan universiteit was hy voorsitter van die plaaslike komitee van die Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (Nusas). In 1961 sluit hy aan by die Progressiewe Party en word in 1977 Volksraadslid vir Kaapstad-Tuine. Hy was die Demokratiese Party se federale voorsitter van 1991 tot 1994 en een van net sewe lede van die party wat verkies is tot die Nasionale Vergadering in 1994 se eerste demokratiese verkiesing.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) [1] allafrica "Ken Andrew to Lead DA Policy Project."