Kiewieteiers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kiewieteiers
Adromischus cooperi
Wetenskaplike klassifikasie
 
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Saxifragales
Familie: Crassulaceae
Genus: Adromischus
Voorkomsgebied 22 239 km²
Binomiale naam
Andromischus cooperi
(Baker) A.Berger
Sinonieme
  • A. festivus C.A.Sm.
  • A. halesowensis Uitewaal

Kiewieteiers[1][2] (Adromischus cooperi (Baker) A.Berger) is 'n vetplantjie wat endemies aan die oostelike Karoo is. Dit word op klipperige hellings aangetref. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys. [3]

Dit is 'n dwergvetplantjie wat 4,5 cm hoog word. Dit het spreidende takkies wat digbeset is met blare wat 5 cm lank kan word. Hulle is dik en silwergroen tot blou met pers kolle wat hulle effens soos die eiers van kiewiete laat lyk.[4]

Dit word as kamerplantjie gehou. Dit vereis baie lig, temperature van 18 (snags) tot 24 °C (bedags) en 'n vogtigheid van 25-50% [2]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: bontplakkie, maar hierdie naam word ook vir A. maculatus en A. trigynus gebruik.
  2. 2,0 2,1 http://world-population.net/house_plants/af/8.
  3. SANBI.
  4. worldofsucculents.