Wildeperske

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kiggelaria africana)
Jump to navigation Jump to search

Wildeperske
Kiggelaria africana tree - Cape Town 9.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
K. africana
Binomiale naam
Kiggelaria africana

Die Wildeperske (Kiggelaria africana) is 'n klein tot middelslagboom. Hulle kom voor in immergroenwoude en op berggrasveld. Dit kom in al die provinsies van Suid-Afrika[1] en in Zimbabwe[2] voor.

Die blare het dikwels klein stippels aan die onderkant wat van die bokant af na knoppe lyk; dit staan bekend as akadoromatia. Die vrugte is skurf en vratterig en is sowat 1.5 cm in deursnee. Die sade is swart en oortrek met 'n klewerige rooi laag. Dié bome is gasheer vir die larwes van Tuinrooitjie-skoenlapper (Acraea horta), wat dikwels in groot getalle voorkom en 'n boom volkome kan ontblaar.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]