Killianspas
Voorkoms
Killianspas | |
Ligging | Tussen Barkly-Oos en Indwe. |
---|---|
Maksimumhelling | 1:8 |
Hoogte | 1 700m |
Oppervlak | Grond |
In | Drakensberge |
Pad | R396 |
Killianspas is 'n bergpas wat noordoos van Dordrecht en op die R396-grondpad tussen Barkly-Oos en Indwe in die Drakensberge lê. Die pas bereik 'n hoogte van 1 700 m bo seevlak en 'n maksimumhelling van 1:8.
Hierdie pas is in die Oos-Kaap en moet nie met die gelyknamige Killianspas in die Wes-Kaap verwar word nie.