Klein Soenda-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Klein Soenda-eilande
Inheemse naam: Kepulauan Sunda Kecil / Kepulauan Nusa Tenggara
Ligging van die Klein Soenda-eilande
Ligging van die Klein Soenda-eilande
Geografie

Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 9°00′S 120°00′O / 9.000°S 120.000°O / -9.000; 120.000Koördinate: 9°00′S 120°00′O / 9.000°S 120.000°O / -9.000; 120.000
Argipel Soenda-eilande

Hoofeilande Bali, Lombok, Sumbawa, Flores, Atauro en Timor
Oppervlakte 87 700 vk km
Hoogste punt Berg Rinjani 3 726 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Bali, Wes-Nusa Tenggara, Oos-Nusa Tenggara, Maluku

Vlag van Oos-Timor Oos-Timor
Hoofstad Dili
Grootste stad Dili (222 323)

Demografie
Bevolking 12 000 000

Bevolkingsgroepe Javane, Maleiers, Soendanese

Die Klein Soenda-eilande (Indonesies en Maleis: Kepulauan Sunda Kecil of Kepulauan Nusa Tenggara) is 'n argipel van ses groter en baie kleiner eilande binne die Maleise argipel wat saam met die Groot Soenda-eilande die Soenda-eilande vorm. Die ses groter eilande is Bali, Lombok, Sumbawa, Flores, Atauro en Timor. Die Klein Soenda-eilande is geleë tussen Java in die weste, Borneo, Sulawesi en die Molukke in die noorde, Nieu-Guinee in die ooste en die kontinent Australië in die suidooste.

Nasa-Satellietbeeld van die Klein Soenda-eilande

Die Klein Soenda-eilande word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suidweste, die Javasee in die noordweste, die Floressee in die noorde, die Bandasee in die noordooste en die Timorsee in die suidooste.

Die grootste deel van die Klein Soenda-eilande word deur die eilandnasie Indonesië beslaan. Die oostelike deel van die eiland Timor word deur Oos-Timor beslaan, terwyl die westelike deel tot die Indonesiese provinsie Oos-Nusa Tenggara behoort.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]