Kleinbek-geelvis
Kleinbek-geelvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. aeneus
|
Binomiale naam | |
Labeobarbus aeneus (Burchell, 1822)
|
Die Kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Smallmouth yellowfish.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is silwerkleurig met swart vlekke op wanneer dit onvolswasse is en die volwasse vis is goud-olyfbrons aan die bokant en roomkleurig aan die onderkant. Die anale vin het 'n oranje skakering. Die vis word tot 50 cm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 7.837 kg.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Alhoewel die vis natuurlik in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels voorkom is dit ook gevestig in die Gourits-, Groot-Kei-, Limpopo- en die Groot-Visriviere. Dit kom ook voor in die Mutirikwedam in Zimbabwe.
Habitat
[wysig | wysig bron]Hulle verkies helder, vinnigvloeiende riviere om in te leef maar word ook in groot damme gevind en kom by groter hoogtes bo seevlak voor as die Grootbek-geelvis. Hulle broei in die lente of vroeë somer net na die eerste groot reën. Daarna migreer die wyfies stroom-op om hul eiers te lê.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1