Kleingroendoring
Voorkoms
Kleingroendoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. pedicellaris
|
Binomiale naam | |
Balanites pedicellaris Mildbr. & Schltr., 1913
|
Die Kleingroendoring (Balanites pedicellaris) is 'n skaars boom wat in droë bosveld en op die brakkerige vloedvlakte van die Sabierivier en die Limpopovallei noordoos van Punda Maria groei. Die boom se blare is liggroen en fluweelagtig en die dorings is groot en ongevurk.
Die boom is ook inheems aan Botswana, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.
Die boom se FSA-nommer is 252.[1][2]
Daar is twee subspesies:
- Balanites pedicellaris subsp. pedicellaris
- Balanites pedicellaris subsp. somalensis (Mildbr. & Schltr.) Sands
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online