Kleinvalsmopanie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Kleinvalsmopanie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
G. × conjugata
Binomiale naam
Guibourtia × conjugata
(B.)

Die kleinvalsmopanie (Guibourtia conjugata)[1] is 'n immergroen boom wat in die suide van Mosambiek, Pafuri/Punda Maria in die Krugerwildtuin en ook in die Hwange-gebied van Zimbabwe voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en Zambië.

Dit is 'n bladwisselende struik of boom wat 18 m hoog kan word. Die hout word veral vir heiningpaaltjies gebruik, maar dit is ook geskik vir vloere of meubels. Die kernhout is donkerbruin en steek af teen die spinthout wat liggeel is. Die hout is swaar en hard: die digtheid is 950–1100 kg/m³. Die semifosiele hars word as inhambane-kopal verkoop en in vernis gebruik.[2]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PvanWyk
  2. Timbers 2, Lemmens, R.H.M.J., Louppe, D. & Oteng-Amoako, A.A., PROTA, ISBN 9290814950, ISBN 9789290814955, p. 373

Sien ook[wysig | wysig bron]