Klipnenta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Klipnenta
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. ventricosus
Binomiale naam
Tylecodon ventricosus
(Burm.f.) Toelken

Die Klipnenta[1] (Tylecodon ventricosus (Burm.f.) Toelken) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is en in die provincies Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[2]

Dit is 'n stam- en blaarsukkulent wat uit 'n gedeeltelik ondergrondse verdikte wortelstok groei. Dit vorm stompige spreidende takke wat 30 cm hoog en 2 cm in deursnee kan word. Die plant is bladwisselend en die blare is langwerpig lansvormig en effens behaard. Die bloeiwyse is trosvormig en die blomme staan in groepies van 2-3 by mekaar. Die blomme is gelerig groen aan die basis en word perserig bruin na die effens teruggeboë toppe toe.[3]

Nes ander spesies van die genus Tylecodon is hierdie plant giftig vir skape en veroorsaak die simptome van krimpsiekte.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]