Knikkopsuikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Knikkopsuikerbos
Protea pendula tonyrebelo inat10874494c.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. pendula
Binomiale naam
Protea pendula
R.Br.

Die Knikkopsuikerbos (Protea pendula) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Dit staan ook bekend as die Ondersteboknopprotea. Die plant is endemies aan Suid-Afrika, dit kom voor vanaf die Sederberg tot by die Koue Bokkeveld. Die struik groei regop, word 3.0 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Junie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige gebiede en op kranse op hoogtes van 1 000 - 2 000 m.

In Engels staan dit as die Nodding sugarbush bekend.

Galery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]