Knoppiesstinkkruid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Knoppiesstinkkruid
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
O. suffruticosum
Binomiale naam
Oncosiphon suffruticosum
(L.) Källersjö
Sinonieme
  • Cotula tanacetifolia L.,
  • Matricaria multiflora Fenzl ex Harv.,
  • Pentzia suffruticosa (L.) Hutch. ex Merxm.,
  • Pentzia tanacetifolia (L.) Hutch.,
  • Tanacetum suffruticosum L.

Knoppiesstinkkruid (Oncosiphon suffruticosum (L.) Källersjö) is inheems aan Namibië en die Wes- en Noord-Kaap van Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is die spesie as 'veilig' (LC) gelys.[1]

Dit is 'n eenjarige kruid met blare wat 'n prikkelende aromatiese reuk het. Die bloemhoof bestaan uit talle geel knoppies van ongeveer 5 mm deursnee.[2] Dit word kniehoog en het veeragtige blare wat grysgroen van kleur is. Dit groei op kaal sandgrond, byvoorbeeld aan die rand van soutmoerasse. Dit is in Australië 'n indringerplant wat moeilik is om te beheer.[3]

In Suid-Afrika is dit 'n onkruid wat erg met gewasse kan wedywer. Dit is vanweë die sterk reuk onsmaaklik vir die vee en beïnvloed die smaak van melk en vleis negatief indien dit gevreet word. Dit plant hom net met sy saadjies voort en versprei hom stadig omrede die saadjie geen verspreidingsaanpassings het nie.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  2. whatsepcies.com.
  3. Australiese beheer van indringerplante.
  4. onkruid in die wintereënvalstreek.