Koninginnedag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Nederlandse rooi-wit-bloue vlag mét oranje wimpel
Koninginnedag in Vlaardingen (2005)

Koninginnedag is 'n nasionale feesdag in Nederland, op Curaçao, Sint Maarten en Aruba. Op hierdie dag word die verjaardag van die koning of koningin gevier.

Koninginnedag is destyds ingestel om die verjaardag van koningin Wilhelmina te vier (31 Augustus). Sedert 1949 word die fees op 30 April gevier, wat die verjaardag was van die in 2004 oorlede koningin Juliana.

Koninginnedag word gevier met (ou Hollandse) feeste en vrymarke. Op hierdie dag besoek koningin Beatrix met haar familie (meestal twee) plekke in die land (in 2011 Thorn en Weert).

Op die Koninginnedag in 2013 het Beatrix ten gunste van haar oudste seun Willem-Alexander van Nederland abdikeer.[1] Vanaf 2014 sal dit Koningsdag genoem en op 27 April gevier word.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (nl) www.koninklijkhuis.nl, besoek op 30 April 2013.
  2. (nl) Voortaan Koningsdag op 27 april, nos.nl, besoek op 30 April 2013.

Bronne[wysig]

  • Nederlandstalige Wikipedia

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Koninginnedag (kategorie)