Koninklike engelvis
Voorkoms
Koninklike engelvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Pygoplites
|
Spesie: | P. diacanthus
|
Binomiale naam | |
Pygoplites diacanthus (Boddaert, 1772)
|
Die Koninklike engelvis (Pygoplites diacanthus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Royal angelfish.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis se lyf is geel met wisselende geel en wit (party keer blou) vertikale strepe oor die lyf. Die anale vin het blou en geel parallelle strepe, die kop is geel met blou strepe en die agterste gedeelte van die dorsale vin is blou. Die stertvin is geel of geelgroen. Die vis word 25 cm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in koraalriwwe wat in water wat 1 – 70 m diep is en is alleenlopers. Hulle oorleef moeilik in akwariums.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]-
'n Koninklike engelvis in die Maledive, Indiese Oseaan.