Koronavirusepidemie van 2020

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Koronavirusepidemie van 2020
Koronavirusepidemie van 2020 is located in China
Koronavirusepidemie van 2020
Ligging van Wuhan, die episentrum van die epidemie, in China
Datum12 Desember 2019 – voortdurend
LiggingOorsprong: Wuhan, Hubei, China
Gevalle soos op 14 Februarie 2020:
Land of streek Beves-tigde gevalle Sterf-gevalle Ver.
Vlag van Volksrepubliek China China (vasteland) 63 866 1 381 [1][2][3][4]
Vlag van Hongkong Hongkong 24 1[5]
Vlag van Thailand Thailand 25 0[6]
Vlag van Macau Macau 10 0[7][8]
Vlag van Australië Australië 15 0 [9]
Vlag van Japan Japan 45 0[10][11][12][13]
Vlag van Maleisië Maleisië 14 0[14][15]
Vlag van Singapoer Singapoer 30 0[16]
Vlag van Republiek van China Taiwan 16 0[17]
Vlag van Frankryk Frankryk 6 0[18][19]
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 23 0[20][21]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 12 0[22][23]
Vlag van Viëtnam Viëtnam 12 0[24]
Vlag van Kanada Kanada 5 0 [25]
Vlag van Nepal Nepal 1 0 [26][27]
Totaal (reeds in 28 lande/gebiede 64 473 1 384

Die uitbreek van 'n nuwe stam van die koronavirus bekend as COVID-19 is aanvanklik gedurende middel Desember 2019 in die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek van China geïdentifiseer toe 'n groep mense met longontsteking gediagnoseer word sonder 'n duidelike oorsaak. Die mense het 'n verbintenis gehad met stalletjiehouers wat by die Huanan-seekosmark in die stad gewerk het. Hierdie mark het ook lewende diere verkoop. Chinese wetenskaplikes het daarna 'n nuwe stam van die koronavirus, aangedui as COVID-19, geïsoleer. Hierdie virus het ten minste 'n 70 persent ooreenkoms in genoomvolgorde met die ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS - koronavirus). Met die ontwikkeling van 'n spesifieke diagnostiese PCR-toets vir die opsporing van die infeksie, is 'n aantal gevalle bevestig veral by mense wat direk of indirek met die mark verbind kan word. Of hierdie virus dieselfde erns of dodelikheid as die EARS epidemie het, is nog onduidelik.[28][29][30][31]

Die inkubasietydperk is tussen 2 tot 14 dae[32], maar daar is bewyse dat dit nog steeds aansteeklik kan wees gedurende hierdie periode[33] en moontlik 'n paar dae na herstel.[34] Nuus verslae vroeg in Februarie 2020 dui aan dat die koronavirus in sommige gevalle langer inkubasietydperke van tussen 17[35] en 24 dae[36] kan hê. Simptome sluit in koors, hoes en asemhalingsprobleme, en dit kan dodelik wees.[37]

Op 20 Januarie 2020 dring die Chinese premier Li Keqiang aan op beslissende en effektiewe pogings om die longontsteking-epidemie wat deur 'n nuwe koronavirus veroorsaak word, te bekamp.[38] Teen 23 Januarie 2020 het ten minste 25 sterftes plaasgevind, almal in China, en daar is bewyse van oordrag van mens tot mens. Uit uitgebreide toetsing het meer as 600 bevestigde gevalle aan die lig gekom, waarvan sommige gesondheidsorgwerkers is.[39][40][41] Daar is ook bevestigde gevalle in verskeie lande waaronder Thailand, Suid-Korea, Japan, Taiwan, Macau, Hongkong, die Verenigde State,[40] Singapoer en Viëtnam[42] aangemeld.

Of hierdie situasie 'n openbare noodgeval is wat van internasionale belang sou wees in terme van die internasionale gesondheidsregulasies, is op 22 Januarie 2020 bespreek deur 'n noodkomitee wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gereël is.[43] Die besluit is uitgestel weens 'n gebrek aan inligting.[44] Die WGO het gewaarsku dat die epidemie kan eskaleer,[45] en daar was kommer oor die verdere verspreiding gedurende China se hoë reisseisoen rondom die Chinese Nuwejaar.[30][46] Die WGO het die Koronavirusepidemie amptelik tot 'n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale belang verklaar;[47] die aankondiging is deur Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die WGO, gemaak nadat die WGO se noodkomitee weer op 30 Januarie 2020 vergader het. [48]

Die eerste voorkoms van hierdie siekte het op 8 Desember 2019 plaasgevind maar dit is nie aanvanklik as 'n nuwe korona virus geidentifiseer nie.[49] Op 14 Februarie 2020 is 64 473 gevalle internasionaal bevestig. Die eerste bevestigde sterfte het op 9 Januarie plaasgevind en sedertdien, op 14 Februarie 2020, is 1 384 sterftes internasionaal bevestig. Die eerste plaaslike oordrag van die virus buite China het plaasgevind in Viëtnam tussen familielede, met die eerste plaaslike oordrag wat nie familie betrek het nie, in Duitsland op 22 Januarie, toe 'n Duitse man die siekte opgedoen het van 'n Chinese sakebesoeker tydens 'n vergadering. Die eerste sterfgeval buite China is in die Filippyne aangemeld, waar 'n 44-jarige man van Wuhan wie bevestig is dat hy die koronavirus opgedoen het, op 1 Februarie gesterf het.[50][51]

Op 23 Januarie 2020 is Wuhan onder kwarantyn geplaas waarvolgens openbare vervoer in en uit Wuhan opgeskort is.[52] Die stede Huanggang, Ezhou, Chibi en Zhijiang, aangrensend tot Wuhan, word ook vanaf 24 Januarie 2020 onder 'n soortgelyke kwarantyn geplaas.[53][54] Waninligting wat hoofsaaklik aanlyn oor die koronavirus versprei is, het daartoe gelei dat die WGO op 2 Februarie 'n 'infodemie' verklaar het.[55]

Agtergrond[wysig | wysig bron]

Simptome van die COVID-19 virus

Wuhan is die hoofstad van Hubei en is die sewende grootste stad in China, met 'n bevolking van meer as 11 miljoen inwoners. Dit was deur die eeue heen 'n belangrike vervoerkern van die land, al lank bekend as die "Nege Provinsies Deurweg" (九 省 通衢)[56], en die Wuhan spoorwegkruising is een van die vier belangrikste spoorwegkruisings in China. Dit is ongeveer 1100 km suid van Beijing[57], 800 km wes van Sjanghai en 970 km noord van Hong Kong.[58] Direkte vlugte vanaf Wuhan verbind dit met die groot internasionale stede in Europa en Noord-Amerika.[59]

Gedurende Desember 2019 is 'n aantal siektegevalle aangemeld in Wuhan wat die simptome van 'n "longontsteking van onbekende oorsaak" bevat, gekoppel aan die Huanan-seekosmark, met 'n duisend stalletjies wat vis, hoenders, fisante, vlermuise, marmotte, giftige slange, bokke en ander wilde diere (ye wei, bosvleis) verkoop het. Die aanvanklike hipotese was dat dit 'n nuwe koronavirus van 'n dierlike bron ('n soönose) was.[60][61][62]

Koronavirusse sirkuleer hoofsaaklik onder diere, maar dit is bekend dat dit ontwikkel en mense kan besmet, soos in die gevalle van ernstige akute respiratoriese sindroom (EARS) en Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MORS), tesame met vier verdere koronavirusse wat ligte asemhalingsimptome soortgelyk aan gewone verkoue veroorsaak. Daar is aangetoon dat alle koronavirusse wat mense aangesteek het, van mens tot mens versprei kon word.[63][64] Dit word vermoed dat die oordrag van koronavirusse hoofsaaklik plaasvind deur noue kontak deur middel van asemhalingsdruppels wat deur 'n draerpersoon wat nies of hoes gegenereer word.[65]

Ontstaan[wysig | wysig bron]

Die eerste vermeende gevalle is op 31 Desember 2019 aangemeld[66], maar die eerste voorkoms van hierdie siekte het meer as drie weke vroeër op 8 Desember 2019 plaasgevind.[49] Die mark is op 1 Januarie 2020 gesluit, en mense wat tekens en simptome van die koronavirusinfeksie getoon het, is geïsoleer.[66] Meer as 700 mense, waaronder meer as 400 gesondheidsorgwerkers wat in noue kontak met moontlik besmette individue gekom het, is aanvanklik gemonitor.[67] Na die ontwikkeling van 'n spesifieke diagnostiese PCR-toets vir die opsporing van die infeksie, is die teenwoordigheid van 2019-nCoV later by 41 mense in die oorspronklike Wuhan-groep bevestig[28][68], waarvan twee later na berig word 'n getroude paartjie was, een van hulle was nie in die mark teenwoordig nie, en nog drie wat van dieselfde familie was wat by die seekosstalletjies van die mark gewerk het.[69][70] Die eerste bevestigde sterfgeval van die koronavirusinfeksie het op 9 Januarie 2020 plaasgevind.[71] Die eerste sterfgeval buite China is in die Filippyne aangemeld, waar 'n 44-jarige man van Wuhan wie bevestig is dat hy die koronavirus opgedoen het, op 1 Februarie sterf.[72][73]

Kritiek op plaaslike reaksie[wysig | wysig bron]

Plaaslike amptenare in Wuhan en die provinsie Hubei het kritiek, beide plaaslik en internasionaal, in die gesig gestaar vir die onbeholpe hantering van die aanvanklike uitbraak.[74] Bewerings sluit in onvoldoende mediese voorrade, 'n gebrek aan deursigtigheid in die pers en sensuur op sosiale media gedurende die eerste weke van die uitbraak.[75][76] Die Wuhan-polisie het op 1 Januarie 2020 agt inwoners ondervra vir 'verspreiding van vals inligting' (wat die nuwe infeksie as EARS-agtige karakteriseer).[77] Die Wuhan-polisie het oorspronklik via 'n plasing op die polisie se amptelike Weibo-rekening gesê dat daar agt mense volgens die wet aangespreek is,[78][79] wat later deur Weibo uitgeklaar het dat hulle slegs 'opleiding en kritiek' meegedeel is en weerhou is van sterker strawwe soos "waarskuwings, boetes of aanhouding."[80] Een van die agt, 'n dokter genaamd Li Wenliang, wat sy voormalige klasmaats in die mediese skool in kennis gestel het van die koronavirus in 'n WeChat-groep nadat hy die mediese verslag van die pasiënt ondersoek het met simptome van die siekte. Hy is op 3 Januarie deur die polisie gewaarsku dat hy "onwaar kommentaar lewer" wat "die sosiale orde erg ontwig het" en hy het 'n erkenningsverklaring onderteken [81][82][83]Daar is berig op 7 Februarie 2020 dat Li gesterf het nadat hy die siekte in Januarie 2020 opgedoen het. Sy dood veroorsaak hartseer en woede op die sosiale media, wat uitgebrei is tot 'n eis vir vryheid van spraak in China.[84] [85][86] China se teenkorrupsie-liggaam, die nasionale toesighoudende kommissie, het 'n ondersoek begin na die aangeleenthede rakende Li.[87]

Plaaslike amptenare is ook gekritiseer omdat hulle vroeg in Januarie bewyse van die oordrag van mens tot mens verberg het, en om politieke redes die verslae oor die siekte tydens die Volkskongres-vergaderings onderdruk het.[88] Kritiek is verder teen die Hubei-goewerneur Wang Xiaodong gerig, nadat hy twee keer op 'n perskonferensie beweer het dat daar jaarliks 10,8 miljard gesigmaskers in die provinsie geproduseer word, eerder as die akkurate getal van 1,8 miljoen.[89]

Koronavirus in Afrika[wysig | wysig bron]

Ondanks die feit dat daar 1,2 miljard mense op die vasteland van Afrika woon, is daar slegs ses fasiliteite wat die koronavirus kan ontleed. Dit is in Nigerië, Ghana, Madagaskar, Senegal, Sierra Leone en Suid-Afrika.[90] Op 14 Februarie 2020 het Egipte 'n die geval van koronavirus, die eerste in Afrika bevestig. Khaled Mugahed, woordvoerder van die Egiptiese ministerie van gesondheid, sê in 'n verklaring dat die betrokke persoon 'n 'buitelander' is wat geen ernstige simptome toon nie.[91]

Suid-Afrika[wysig | wysig bron]

Op 2 Februarie 2020 het die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Lwazi Manzi, bevestig dat "daar geen geval van koronavirus in Suid-Afrika aangemeld is nie." Ondersoeke na reisigers by alle grensposte is verskerp maar die hooffokus bly die groot lughawens, weens die feit dat die meerderheid van gevalle buite China deur lugreisigers versprei word.[92]

Aan die begin van Februarie 2020 het die Departement van Gesondheid in KwaZulu-Natal melding gemaak van twee pasiënte wat dieselfde simptome getoon het as dié met die koronavirus. Na 14 dae van kwarantyn het die pasiënte nog geen positiewe toetse vir die virus gehad nie.[93]

Botswana[wysig | wysig bron]

Vyf vermoedelike gevalle van koronavirus is gedurende die week van 3 Februarie 2020 in Botswana aangemeld, waarby mense wat uit China teruggekeer het, of lande waar die virus opgespoor is, aangemeld is. "Die resultate van al vyf die vermoedelike gevalle was negatief," het die direkteur van gesondheidsdienste in die ministerie van gesondheid en welstand in Botswana, Malaki Tshipayagae gesê.[94]

Côte d'Ivoire (Ivoorkus)[wysig | wysig bron]

Op 26 Januarie 2020 het die BBC berig dat 'n student, wat Saterdag 25 Januarie uit Beijing na die Wes-Afrikaanse land teruggekeer het, verdere toetse ondergaan nadat sy griepagtige simptome getoon het. Die 34-jarige vrou is tans in isolasie. As dit bevestig was, sou dit die eerste geval van die dodelike virus in Afrika wees.[95] Nadat die monsters in Parys, Frankryk getoets is, is daar gevind dat die student nie die koronavirus het nie.[90]

Namibië[wysig | wysig bron]

Volgens die Namibiese minister van gesondheid, Kalumbi Shangula, het 'n 30-jarige vrou negatief getoets vir die koronavirus nadat sy in 'n distrikhospitaal in Swakopmund opgeneem is. Die vrou het onlangs na en van Sydney, Australië gereis en het aan die begin van Februarie 2020 begin kla van hoofpyn, loopneus en hoes. Haar bloedmonster is ontleed deur die nasionale instituut vir aansteeklike siektes in Suid-Afrika.[93]

Zimbabwe[wysig | wysig bron]

Zimbabwe het 506 mense onder toesig geplaas nadat hulle onlangs na Chinese stede gereis het wat nou swaar getref word deur die koronavirus-uitbraak. Die Minister van Gesondheid en Kindersorg, Obadiah Moyo, het gesê mense wat terugkeer uit die gebiede wat die swaarste getref was in China, is gevra om self twee weke lank in kwarantyn in hul huise te bly en word gevra om openbare ruimtes soos kantore of byeenkomste te vermy. Geen gevalle van die koronavirus is tot en met 13 Februarie 2020 in Zimbabwe aangemeld nie.[96]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "疫情地图" (in Chinees). DXY. Besoek op 24 Januarie 2020.
  2. "Tracking coronavirus: Map, data and timeline". BNO News. Besoek op 25 January 2020.
  3. "Latest on the coronavirus outbreak". CGTN. 25 January 2020.
  4. 疫情地图. D XY (in Chinees). Besoek op 29 Januarie 2020.
  5. "CHP investigates three additional imported cases of novel coronavirus infection". The Government of the Hong Kong Special Administrative Region. Besoek op 24 Januarie 2020.
  6. Charuvastra, Teeranai; Chief, News (24 Januarie 2020). "Chinese Tourist Confirmed as Thailand's 5th Coronavirus Case".
  7. 澳門確診第2宗武漢肺炎 患者為66歲男遊客. HK (in Chinees). 23 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 January 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.
  8. "電台新聞>本澳新增3宗新型冠狀病毒感染病例(2020.01.26 10:18)" [Three new cases of coronavirus infection in Macao]. TDM. 26 January 2020.
  9. Kachor, Kate (25 Januarie 2020). "Coronavirus: Three confirmed cases of infection in NSW, one in Victoria". Nine News. Besoek op 25 Januarie 2020.
  10. "新型コロナウイルスに関連した肺炎の患者の発生について" (in Japannees). Ministry of Health, Labour and Welfare. 25 Januarie 2020. Besoek op 25 Januarie 2020.
  11. 新型肺炎、日本国内3人目の感染者…武漢から旅行で来た女性. Yomiuri Shimbun (in Japannees). 25 Januarie 2020. Besoek op 25 Januarie 2020.
  12. "Japan confirms 4th coronavirus case". Japan Broadcasting Corporation. 26 January 2020.
  13. "Japan confirms first case of coronavirus that has infected dozens in China". The Japan Times. 2020-01-16. Besoek op 2020-01-27.
  14. Times, New Straits (25 Januarie 2020). "[Breaking] 3 coronavirus cases confirmed in Johor Baru". NST Online. Besoek op 25 Januarie 2020.
  15. Joseph Sipalan; Sam Holmes; Giles Elgood (25 January 2020). "Malaysia confirms fourth case of coronavirus infection". Reuters. Besoek op 26 January 2020.
  16. "Two more people test positive for Wuhan virus in Singapore; Total of 3 confirmed cases: MOH". CNA. 24 Januarie 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.
  17. "我國新增確診二例嚴重特殊傳染性肺炎境外移入個案,指揮中心持續中港澳旅客主動關懷機制,全力守護國內防疫安全" [Taiwan confirms two imported cases of severe special infectious pneumonia; Central Epidemic Command Center (CECC) remains attentive to travelers from China, Hong Kong and Macau and maintains domestic prevention efforts] (in Chinese). Taiwan centers for disease control. 24 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 January 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  18. "Coronavirus: China extends lockdown as first cases reported in Europe". The Guardian. 24 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.
  19. "Coronavirus: France confirms three cases of deadly China virus". The Independent. 24 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 January 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.
  20. "South Korea confirms second case of Wuhan coronavirus". CNN. 23 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020. Besoek op 23 Januarie 2020.
  21. "(URGENT) S. Korea reports 3rd confirmed case of Wuhan coronavirus". Yonhap News Agency (in Engels). 26 January 2020. Besoek op 26 January 2020.
  22. Lovelace Jr, Berkeley (24 Januarie 2020). "CDC confirms second US case of coronavirus and is monitoring dozens of other potential cases". CNBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 24 Januarie 2020.
  23. "Third US case of coronavirus confirmed in California, health officials say". CNBC (in Engels). Besoek op 2020-01-26.
  24. "Vietnam confirms first acute pneumonia cases from Wuhan virus". 23 Januarie 2020.
  25. https://globalnews.ca/news/6463567/coronavirus-toronto-patient-interviews/
  26. "First case of coronavirus in Nepal after student who returned from Wuhan tests positive". 24 Januarie 2020.
  27. "Nepal confirms first case of new coronavirus infection". Xinhuanet.com. Xinhua News Agency. 25 January 2020. Besoek op 25 January 2020.
  28. 28,0 28,1 Hui, David S. (14 Januarie 2020). “The continuing epidemic threat of novel coronaviruses to global health – the latest novel coronavirus outbreak in Wuhan, China” (in English). International Journal of Infectious Diseases 91: 264–266. doi:10.1016/j.ijid.2020.01.009.
  29. "Undiagnosed pneumonia - China (HU) (01): wildlife sales, market closed, RFI Archive Number: 20200102.6866757". Pro-MED-mail. International Society for Infectious Diseases. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
  30. 30,0 30,1 Cohen, Jon (17 Januarie 2020). “New SARS-like virus in China triggers alarm” (in en). Science 367 (6475): 234–235. doi:10.1126/science.367.6475.234.
  31. Parry, Jane (20 Januarie 2020). “China coronavirus: cases surge as official admits human to human transmission” (in en). British Medical Journal 368. doi:10.1136/bmj.m236.
  32. "Symptoms of Novel Coronavirus (2019-nCoV)". Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 31 January 2020. Besoek op 2 February 2020.
  33. Rothe, Camilla (30 January 2020). “Transmission of 2019-nCoV Infection from an Asymptomatic Contact in Germany”. New England Journal of Medicine. doi:10.1056/NEJMc2001468.
  34. Rothe, Camilla (30 January 2020). “Transmission of 2019-nCoV Infection from an Asymptomatic Contact in Germany”. New England Journal of Medicine 0 (0): Correspondence. doi:10.1056/NEJMc2001468.
  35. Die inkubasietydperk vir die koronavirus kan langer wees as wat verwag is (Engels). Twitter (10 Februarie 2020). URL besoek op 10 Februarie 2020.
  36. Ng, Kate (10 Februarie 2020). Koronavirus kan 'n inkubasietydperk van 24 dae hê (Engels). The Independent. URL besoek op 10 Februarie 2020.
  37. Hessen, Margaret Trexler (27 January 2020). "Novel Coronavirus Information Center: Expert guidance and commentary". Elsevier Connect. Besoek op 31 January 2020.
  38. "Chinese premier stresses curbing viral pneumonia epidemic". China Daily. Beijing: Xinhua News Agency. 21 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  39. Lisa Schnirring: WHO decision on nCoV emergency delayed as cases spike 23 Januarie 2020 CIDRAP News, getoegang 23 Januarie 2020
  40. 40,0 40,1 Field, Field (22 Januarie 2020). "Nine dead as Chinese coronavirus spreads, despite efforts to contain it". The Washington Post. Besoek op 22 Januarie 2020.
  41. Imai, Natsuko; Dorigatti, Ilaria; Cori, Anne; Riley, Steven; Ferguson, Neil M (17 Januarie 2020). "Estimating the potential total number of novel Coronavirus cases in Wuhan City, China (Report 2" (PDF). Imperial College London (in Engels). Besoek op 18 Januarie 2020.
  42. Goh, Timothy; Toh, Ting Wei (23 Januarie 2020). "Singapore confirms first case of Wuhan virus". The Straits Times. Besoek op 23 Januarie 2020.
  43. Edwards, Erika (21 Januarie 2020). "1st case of coronavirus from China confirmed in U.S." NBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020. Besoek op 21 Januarie 2020.
  44. Joseph, Andrew (22 Januarie 2020). "WHO postpones decision on whether to declare China outbreak a global public health emergency". Stat News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2020. Besoek op 22 Januarie 2020.
  45. Newey, Sarah (14 Januarie 2020). "WHO refuses to rule out human-to-human spread in China's mystery virus outbreak". The Telegraph (in Engels). ISSN 0307-1235. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020. Besoek op 17 Januarie 2020.
  46. Schnirring, Lisa (20 Januarie 2020). "New coronavirus infects health workers, spreads to Korea". CIDRAP (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2020. Besoek op 21 Januarie 2020.
  47. https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/koronavirus-tot-internasionale-noodtoestand-verklaar/ URL opgespoor en besoek op 31 Januarie 2020
  48. https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/koronavirus-tot-internasionale-noodtoestand-verklaar/ URL besoek op 31 Januarie 2020
  49. 49,0 49,1 Schnirring, Lisa (14 Januarie 2020). "Report: Thailand's coronavirus patient didn't visit outbreak market". CIDRAP (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2020. Besoek op 15 Januarie 2020.
  50. "Philippines reports first coronavirus death outside China after travel ban". South China Morning Post. 2 Februarie 2020. Besoek op 2 Februarie 2020.
  51. Wang, Christine (2 Februarie 2020). "Philippines reports first death outside of China in coronavirus outbreak". CNBC. Besoek op 2 Februarie 2020.
  52. Hui, Jane Li, Mary. "China has locked down Wuhan, the epicenter of the coronavirus outbreak". Quartz (in Engels). Besoek op 23 Januarie 2020.
  53. 湖北黃岡:城鐵站、火車站離開黃岡市區通道暫時關閉 [Huanggang, Hubei:Intercity railway and railway services leaving Huanggang will be closed temporarily] (in Chinees). Hong Kong China News Agency. 23 Januarie 2020.
  54. hermesauto (23 Januarie 2020). "Wuhan virus: China locks down Huanggang, shuts down railway station in Ezhou after Wuhan lockdown". The Straits Times (in Engels). Besoek op 23 Januarie 2020.
  55. "Novel Coronavirus(2019-nCoV) Situation Report – 13" (PDF). WHO.
  56. Zhao, Erxun (1928). Draft History of Qing. 388. Shenyang. 七年,偕林翼疏言:「湖北為長江上游要害,
  57. "Outbreak of Pneumonia of Unknown Etiology (PUE) in Wuhan, China". Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 8 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 January 2020. Besoek op 9 Januarie 2020.
  58. Chan, Ho-him; Mai, Jun (5 Januarie 2020). "China says Wuhan pneumonia not Sars, but virus remains unidentified, more people hospitalised". South China Morning Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.
  59. "Update: Cluster of pneumonia cases associated with novel coronavirus – Wuhan, China – 2019". European Centre for Disease Prevention and Control. 14 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2020. Besoek op 18 Januarie 2020.
  60. "Pneumonia of Unknown Cause in China – Watch – Level 1, Practice Usual Precautions – Travel Health Notices". Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 6 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 January 2020. Besoek op 7 Januarie 2020.
  61. Schnirring, Lisa (8 Januarie 2020). "Virologists weigh in on novel coronavirus in China's outbreak". CIDRAP. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 9 Januarie 2020.
  62. Shih, Gerry; Sun, Lena H. (8 Januarie 2020). "Specter of possible new virus emerging from central China raises alarms across Asia". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 9 Januarie 2020.
  63. Rogier van Doorn, H.; Yu, Hongji (2019). "33. Viral Respiratory Infections". In Edward T Ryan; David R Hill; Tom Solomon; Timothy P Endy; Naomi Aronson (reds.). Hunter's Tropical Medicine and Emerging Infectious Diseases E-Book (10th uitg.). Elsevier Health Sciences. p. 286. ISBN 978-0-323-55512-8.
  64. "Novel Coronavirus 2019". Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 13 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2020. Besoek op 14 January 2020.
  65. "Transmission of Novel Coronavirus (2019-nCoV)". Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 31 Januarie 2020. Besoek op 1 Februarie 2020.
  66. 66,0 66,1 "Pneumonia of unknown cause – China. Disease outbreak news". World Health Organization. 5 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op 6 Januarie 2020.
  67. Schnirring, Lisa (11 Januarie 2020). "China releases genetic data on new coronavirus, now deadly". CIDRAP (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 12 Januarie 2020.
  68. Lu, Hongzhou (16 Januarie 2020). “Outbreak of Pneumonia of Unknown Etiology in Wuhan China: the Mystery and the Miracle” (in en). Journal of Medical Virology. doi:10.1002/jmv.25678.
  69. Schnirring, Lisa (15 Januarie 2020). "Second family cluster found in Wuhan novel coronavirus outbreak". CIDRAP (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2020. Besoek op 16 Januarie 2020.
  70. Wee, Sui-Lee; Jr, Donald G. McNeil (8 Januarie 2020). "China Identifies New Virus Causing Pneumonialike Illness". The New York Times (in Engels). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2020. Besoek op 14 Januarie 2020.
  71. Qin, Amy; Hernández, Javier C. (10 Januarie 2020). "China Reports First Death From New Virus". The New York Times (in Engels). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 11 Januarie 2020.
  72. "Philippines reports first coronavirus death outside China after travel ban". South China Morning Post. 2 Februarie 2020. Besoek op 2 Februarie 2020.
  73. Wang, Christine (2 Februarie 2020). "Philippines reports first death outside of China in coronavirus outbreak". CNBC. Besoek op 2 Februarie 2020.
  74. Griffiths, James. "China's unprecedented reaction to the Wuhan virus probably couldn't be pulled off in any other country". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 28 Januarie 2020.
  75. "Toll From Outbreak Climbs in China as Infections Reach Europe and Australia (Anger and mistrust spill over online)". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2020.
  76. Hernández, Javier C. (21 Januarie 2020). "The Test a Deadly Coronavirus Outbreak Poses to China's Leadership". The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 26 Januarie 2020.
  77. 8人散布不实消息被武汉公安查处 胡锡进透露内情. Sina Corp. 22 Januarie 2020. Besoek op 25 Januarie 2020.
  78. 8名散布武汉肺炎谣言者被依法查处. guancha.cn (in Chinees). Besoek op 29 Januarie 2020.
  79. "Mystery pneumonia virus probed in China". BBC News. 3 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
  80. "China's slow response to coronavirus has shown the weakness of its centralised model". New Statesman.
  81. Chris Buckley; Steven Lee Myers (1 Februarie 2020). "As New Coronavirus Spread, China's Old Habits Delayed Fight". The New York Times.
  82. Wang, Lianzhang (1 Februarie 2020). "'Rumormonger' Doctor Who Raised the Alarm Says He Has Coronavirus". Sixth Tone.
  83. and Nectar Gan, Yong Xiong. "This Chinese doctor tried to save lives, but was silenced. Now he has coronavirus". CNN. Besoek op 4 Februarie 2020.
  84. Tom Phillips, Emma Graham-Harrison and Justin McCurry (6 February 2020). "Doctor who blew whistle over coronavirus has died, hospital says". The Guardian.AS1-onderhoud: Gebruik authors-parameter (link)
  85. "Li Wenliang: Coronavirus death of Wuhan doctor sparks outpouring of anger". BBC. 7 February 2020.
  86. Graham-Harrison, Emma (6 Februarie 2020). "'Hero who told the truth': Chinese rage over coronavirus death of whistleblower doctor". The Guardian.
  87. Cao, Yin (7 Februarie 2020). "Supervisory Commission to probe issues involving Dr Li". China Daily.
  88. China's draconian response to the new coronavirus, explained by a China expert
  89. "Chinese provincial press conference on coronavirus inspires anger, criticism". Reuters. 26 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
  90. 90,0 90,1 Paquette, Danielle; Bearak, Max; Bernstein, Lenny (6 Februarie 2020). Afrika het 1,2 miljard mense en slegs ses laboratoriums wat vir koronavirus kan toets. (Engels). Washington Post. URL besoek op 6 Februarie 2020.
  91. "Egypt confirms coronavirus case, the first in Africa". Aljazeera. Besoek op 15 Februarie 2020.
  92. Cornelissen, Christel (2 Februarie 2020). Koronavirus: ‘Geen geval in Suid-Afrika’. Maroela Media. URL besoek op 6 Februarie 2020.
  93. 93,0 93,1 Koronavirus: Uitslae van toetse in Namibië bekend. Maroela Media (7 Februarie 2020). URL besoek op 7 Februarie 2020.
  94. APANEWS. Botswana: Verdagte gevalle van Coronavirus toets negatief (Engels). Apanews.net. URL besoek op 6 Februarie 2020.
  95. Die Ivoorkus vrees dat die Chinese koronavirus Afrika bereik het. BBC News (26 Januarie 2020). URL besoek op 6 Februarie 2020.
  96. Nyathi, Kitsepile (5 Februarie 2020). Koronavirus: Zimbabwe sit 500 onder waarneming (Engels). The East African. URL besoek op 6 Februarie 2020.