Covid-19-pandemie in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
Covid-19 cases in South Africa.svg
Kaart van provinsies met bevestigde gevalle van COVID-19
Datum1 Maart 2020 – voortdurend
LiggingSuid-Afrika
Virusstam SARS CoV-2

Oorsprong Wuhan, Hubei, China
Eerste geval Hilton, KwaZulu-Natal

1 Maart 2020 (237 dae gelede)

Gevalle 698 184 (16 Oktober 2020)[1]
Aktief 51 574
Sterftes 18 309
Herstel 628 301

Webwerf www.nicd.ac.za

Die Minister van Gesondheid Zweli Mkhize het bevestig dat die Covid-19-pandemie aan die begin van Maart 2020 ook na Suid-Afrika versprei het.[2] Die koronavirussiekte 2019 (COVID-19) word veroorsaak deur Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom Koronavirus 2 (SARS-CoV-2).

Op 15 Maart 2020 het President Cyril Ramaphosa 'n nasionale ramptoestand afgekondig om ‘n gekoȍrdineerde en geȉntegreerde rampbestuurstelsel te implementer. Dit sal help om die virusuitbreking te bestuur en die regering in staat stel om nooddiensentrums in te rig. 'n Reisverbod is vanaf 18 Maart 2020 ingestel vir reisigers van Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, die VSA, die Verenigde Koninkryk en Volksrepubliek China.[3]

President Cyril Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat die land vanaf 26 Maart vir 21 dae in 'n staat van inperking sal wees. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ook ontplooi om die polisie en ander staatsdepartemente by the staan in die toepassing van die maatreëls.[4] Die nasionale staat van inperking is later tot 30 April verleng.[5] Op 10 April het dr. Mkhize aanbeveel dat die algemene publiek gesigsmaskers dra wanneer hulle hul huise verlaat.[6]

Op 21 April het die president 'n ekonomiese stimuluspakket van 500 miljard rand aangekondig in reaksie op die pandemie.[7] Op 23 April het president Ramaphosa aangekondig dat daar 'n geleidelike en in-fase verslapping van beperkings sal plaasvind, wat die nasionale waarskuwingsvlak vanaf 1 Mei 2020 tot vlak 4 verlaag het.[8] Vanaf 1 Junie is die nasionale beperkings na vlak 3 verlaag.[9]

Op 12 Julie 2020 het die president aangekondig dat die nasionale ramptoestand verleng sou word tot 15 Augustus 2020. ‘n Drankverbod is weer onmiddelik in werking gestel en 'n aandklokreël is tussen 22h00 tot 04h00 aangekondig. Die dra van Lapgesigsmaskers is verpligtend gemaak. Parke is weer oopgestel vir oefening, maar nie vir enige vorm van byeenkomste nie.[10] Die beperkings is vanaf 17 Augustus 2020 verlaag tot waarskuwingsvlak 2.[11] Op 16 September 2020 kondig die president aan dat Suid-Afrika se COVID-19 regulasies na vlak 1 verlaag word vanaf 20 September, en sodoende kan die meeste alledaagse aktiwiteite hervat word.[12]

Voorbereidings[wysig | wysig bron]

Nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) op 30 Januarie 2020 COVID-19 tot 'n openbare wêreldwye bekommernis vir gesondheid verklaar het, is die nasionale noodoperasiesentrum, die National Joint Operational and Intelligence Structure (NATJOINTS) geaktiveer.[13]

Toetsing[wysig | wysig bron]

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het teen 14 Februarie 2020 71 polimerase kettingreaksietoetse (PKR) vir SARS-CoV-2 in Suid-Afrika voltooi, waarvan geen positief getoets het nie.

Teen 4 Maart is 181 toetse uitgevoer, waarvan geen positief getoets het nie.[14] Tot en met 11 Maart 2020 is 645 toetse uitgevoer, waarvan 13 positief getoets het.[15]

Teen 11 April is 75 053 toetse uitgevoer.[16]

Teen 23 April is 143 570 toetse uitgevoer.[17]

Teen 27 Junie is 1 567 084 toetse uitgevoer.[18]

Teen 11 Julie is 2 108 570 toetse uitgevoer. [19]

Tydlyn van gevalle[wysig | wysig bron]

Die eerste pasiënt wat met COVID-19 in Suid-Afrika bevestig is, het op 1 Maart 2020 met sy vrou en 8 ander van die provinsie Milaan in Italië[20] teruggekeer en deur Doebai; O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Gauteng en Koning Shaka Internasionale Lughawe in Durban; na Hilton in KwaZulu-Natal gereis.[21] Op 3 Maart het die pasiënt simptome by 'n privaat algemene praktisyn aangemeld en homself geïsoleer; die dokter het haarself ook geïsoleer. Op 5 Maart het Mkhize die eerste bevestigde geval aangekondig, epidemioloë en klinici van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) is na KwaZulu-Natal ontplooi,[22][23][24] en die pasiënt is in Grey's hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem.[25]

Op 7 Maart is aangekondig dat 'n vrou uit dieselfde reisgroep uit Italië, wat na Gauteng terugkeer het, ook positief getoets is.[26]

Op 8 Maart is aangekondig dat die vrou van die eerste pasiënt ook positief getoets is.[2] Op 9 Maart is nog vier gevalle van dieselfde reisgroep uit Italië, soos alle vorige gevalle, positief bevestig.[27] Op 11 Maart is 6 nuwe gevalle aangemeld, met 1 geval van dieselfde reisgroep uit Italië, terwyl die ander 5 gevalle nie met die voriges verband hou nie, hulle het reisgeskiedenisse na ander Europese lande.[28]

Op 12 Maart is 3 nuwe gevalle aangekondig, waaronder die eerste geval in Mpumalanga. Die eerste plaaslike oordrag en eerste geval in die Vrystaat is ook aangekondig, maar is later die dag teruggetrek deur die NICD wat bevestig het dat die geval 'n vals positiewe fout was en in werklikheid negatief was.[29] Dit het die totale gevalle op 16 gebring.[30][31]

Op 13 Maart is 8 nuwe gevalle aangekondig, en die minister het opgemerk dat "daar meer positiewe resultate gevind is. Die NICD en NHLS verifieer nou die inligting en hierdie resultate."[32]

Op 10 April is gesondheidskenners verras deur die dramatiese vermindering in daaglikse gevalle oor die voorafgaande twee weke, hoewel die vrees ook uitgespreek is dat die vermindering 'n verslapping in waaksaamheid kon veroorsaak.[33]

Tabel van eerste 24 gevalle[wysig | wysig bron]

Geval Datum aangekondig Kliniese status Besmettingstipe Reisgeskiedenis / Kontakgeskiedenis Plek Behandelingsfasiliteit Geslag Ouderdom Aantal kontakte
1[22] 2020-03-05 asimptomaties[2] Reis-verwante Milaan, Italië[20]; Doebai; Kempton Park; Durban Hilton, KwaZulu-Natal[21] Grey Hospitaal[25] manlik 38 13[20]
2[26] 2020-03-07 simptomaties[20] Italië Gauteng Charlotte Maxeke Johannesburgse akademiese hospitaal[34] vroulik 39[26] of 30[20] 13[20]
3[2] 2020-03-08 asimptomaties[20] Hilton, KwaZulu-Natal onbekend vroulik 38[20] 15[20]
4[35] 2020-03-09 asimptomaties[20] uMgungundlovu-distriksmunisipaliteit, KwaZulu-Natal onbekend vroulik 38 16[20]
5[35] asimptomaties[20] onbekend manlik 38 15[20]
6[27] asimptomaties[20] Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal onbekend manlik 45 12[20]
7[27] ligte simptome[20] onbekend manlik 38 21[20]
8[28] 2020-03-11 onbekend Gauteng onbekend vroulik 33
9[28] onbekend Duitsland onbekend manlik 34
10[28] onbekend onbekend manlik 33
11[28] kritieke toestand [36] Oostenryk, Italië onbekend manlik 57
12[28] onbekend Portugal Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal onbekend manlik 40
13[28] onbekend Duitsland, Oostenryk, Switserland, Turkye Kaapstad[37] onbekend manlik 36
14[38] 2020-03-12 ligte tot matige simptome Turkye, Verenigde Koninkryk KwaZulu-Natal onbekend manlik 38
15[38] ligte tot matige simptome VSA Mpumalanga onbekend vroulik 27
16[38] ligte tot matige simptome VSA, Doebai Gauteng onbekend manlik 43
17[32] 2020-03-13 Switserland, Oostenryk Gauteng manlik 39
18[32] Oostenryk manlik 50
19[32] Italië vroulik 21
20[32] Switserland manlik 57
21[32] Griekeland, Italië KwaZulu-Natal manlik 79
22[32] Switserland manlik 52
23[32] Switserland, Oostenryk Wes-Kaap manlik 50
24[32] Italië manlik 46

Impak[wysig | wysig bron]

Impak op skole[wysig | wysig bron]

Alle skole in Suid-Afrika is op 18 Maart gesluit. Teen middel-Junie het skole vir graad 7- en 12-leerders heropen, te midde van 'n geskarrel van personeel en administrateurs, en heen-en-weer besluitneming van die departement van basiese onderwys en sy minister.

Op 23 Julie 2020 het president Ramaphosa aangekondig dat staatskole vir 'n maand gesluit word weens die toename in COVID-19 infeksies. Dit sal duur van 27 Julie tot 24 Augustus. Graad 12-leerlinge en -onderwysers neem egter slegs 'n weeklange onderbreking en het op 1 Augustus teruggekeer. Graad 7's neem 'n ruskans van twee weke en keer op 10 Augustus terug. Ramaphosa het ook aangekondig dat die huidige akademiese jaar verleng sal word tot 15 Desember.[39]

Sterftes van bekendes[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. https://sacoronavirus.co.za/
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Derde bevestigde geval van COVID-19 in Suid-Afrika (Engels). NICD. URL besoek op 12 Maart 2020.
  3. van Heerden, Suné (15 Maart 2020). "Koronavirus:President kondig maatreëls aan". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 15 Maart 2020.
  4. "South Africans brace for 21-day lockdown as virus cases rise". Al Jazeera (in Engels). 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 24 Maart 2020.
  5. "WATCH LIVE: Ramaphosa extends Covid-19 lockdown by 14 days". The Citizen. 9 April 2020. Besoek op 9 April 2020.
  6. "Minister Zweli Mkhize confirms 24 deaths and total of 2003 cases of Coronavirus COVID-19". Departement van Gesondheid. 10 April 2020. Besoek op 11 April 2020.
  7. "Ramaphosa announces South Africa's biggest spending plan ever to fight coronavirus". Fin24 (in Engels). 21 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 22 April 2020.
  8. "Statement by president Cyril Ramaphosa on South Africa's response to the coronavirus pandemic, Union buildings, Tshwane". SA Corona Virus Online Portal. 23 April 2020. Besoek op 23 April 2020.
  9. "President Cyril Ramaphosa: Developments in South Africa's risk-adjusted strategy to manage the spread of Coronavirus COVID-19". Department of Health. 24 Mei 2020. Besoek op 24 Mei 2020.
  10. Strydom, Nico (12 Julie 2020). "Onmiddelike alkoholverbod en aanklokreël aangekondig". Maroela Media. Besoek op 12 Julie 2020.
  11. Staff writer. "South Africa moves to level 2 lockdown on Monday – here are the new rules" (in Engels). Besoek op 2020-08-15.
  12. Van Heerden, Suné (16 September 2020). "Covid-19: Vlak 1-regulasies aangekondig". Maroela Media.
  13. "Minister Zweli Mkhize: Ontruiming van burgers uit Wuhan" (in Engels). Departement van Gesondheid. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 12 Maart 2020.
  14. COVID-19 opdateer (Engels). NICD (14 Februarie 2020). URL besoek op 12 Maart 2020.
  15. Die nuutste bevestigde gevalle van COVID-19 in Suid-Afrika (Engels). NICD (11 Maart 2020). URL besoek op 11 Maart 2020.
  16. "Minister Zweli Mkhize confirms 25 deaths and total of 2028 cases of Coronavirus COVID-19". Departement van Gesondheid. 11 April 2020.
  17. National Institute for Communicable Disease (23 April 2020). "UPDATE: The total number of confirmed #COVID19 cases in South Africa is 3 953. Today we regrettably report 10 new #COVID19 related deaths. We convey our condolences to the families and friends" – via Twitter.
  18. "Update on Covid-19 (28th June 2020)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2020. Besoek op 28 Junie 2020.
  19. "Update on Covid-19 (11th July 2020)". sacoronavirus.co.za. Besoek op 12 Julie 2020.
  20. 20,00 20,01 20,02 20,03 20,04 20,05 20,06 20,07 20,08 20,09 20,10 20,11 20,12 20,13 20,14 20,15 20,16 "Opdatering deur Departement Gesondheid van Koronavirus op 9 Maart 2020" (in Engels). Departement van Gesondheid. 9 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2020. Besoek op 9 Maart 2020.
  21. 21,0 21,1 Bafetane, Vusi (6 Maart 2020). "SA se eerste koronavirusgeval het deur Doebai na Durban gekom: Mkhize". MSN.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 7 Maart 2020.
  22. 22,0 22,1 "Minister Zweli Mkhize meld die eerste geval van Covid-19 Koronavirus aan" (in Engels). Suid-Afrikaanse Ministerie van Gesondheid. 5 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 6 Maart 2020.
  23. Shoba, Sandisiwe. "Covid-19: Nadat die eerste koronavirusgeval bevestig is, word Suid-Afrika versoek om kalm te bly". Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 6 Maart 2020.
  24. Herman, Paul. "Koronavirus: SA se eerste positiewe geval van Covid-19 is bevestig" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 5 Maart 2020.
  25. 25,0 25,1 "SOOS DIT GEBEUR HET: Daar is geen ander bevestigde koronaviruspasiënte in SA nie, sê Mkhize". News24.com (in Engels). 6 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 7 Maart 2020.
  26. 26,0 26,1 26,2 "Minister Zweli Mkhize bevestig die tweede geval van Covid-19 in Suid-Afrika" (in Engels). Suid-Afrikaanse Ministerie van Gesondheid. 7 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2020. Besoek op 7 Maart 2020.
  27. 27,0 27,1 27,2 "Koronavirus-opdatering: nog 4 gevalle is bevestig, wat SA in totaal op 7 laat staan". News24 (in Engels). 9 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 9 Maart 2020.
  28. 28,0 28,1 28,2 28,3 28,4 28,5 28,6 "Minister Zweli Mkhize bevestig ses nuwe gevalle van koronavirus Covid-19" (in Engels). Suid-Afrikaanse Ministerie van Gesondheid. 11 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 11 Maart 2020.
  29. "Koronavirus in SA: Mkhize bevestig die Vrystaatse geval is nie positief nie" (in Engels). eNCA. 12 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 13 Maart 2020.
  30. Karrim, Azarrah (12 Maart 2020). "Koronavirus in SA: Nog 4 gevalle bevestig" (in Engels). 24.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 12 Maart 2020.
  31. COVID-19 opdateer (Engels). NICD (12 Maart 2020). URL besoek op 12 Maart 2020.
  32. 32,0 32,1 32,2 32,3 32,4 32,5 32,6 32,7 32,8 "Dr Zweli Mkhize bevestig nog agt gevalle van koronavirus COVID-19" (in Engels). Departement van Gesondheid. 13 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 13 Maart 2020.
  33. Harding, Andrew (10 April 2020). "South Africa's mysterious coronavirus lull". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020.
  34. "Ons het Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal besoek". Twitter (in Engels). 10 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 10 Maart 2020.
  35. 35,0 35,1 "7 Suid-Afrikaners van die Italiaanse toergroep toets positief vir Covid-19-koronavirus" (in Engels). BusinessTech. 9 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020. Besoek op 9 Maart 2020.
  36. "'Kritieke' Gautengse koronaviruspasiënt is 57-jarige met niersiekte" (in Engels). Times Live. 11 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 11 Maart 2020.
  37. "Wes-Kaapse provinsiale regering oor die eerste bevestigde geval van Covid-19-koronavirus in die provinsie" (in Engels). Wes-Kaapse provinsiale regering. 11 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 11 Maart 2020.
  38. 38,0 38,1 38,2 "Dr Zweli Mkhize oor die nuutste bevestigde gevalle van koronavirus COVID-19 in Suid-Afrika" (in Engels). Departement van Gesondheid. 12 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 12 Maart 2020.
  39. "All public schools will be shut for 4 weeks". News24/LIVE. Besoek op 23 Julie 2020.
  40. "Louis Wilsenach Covid-19 victim". News24. 1 April 2020.
  41. "Coronavirus: Top South African HIV scientist dies". BBC News (in Engels). 1 April 2020. Besoek op 8 April 2020.
  42. Heywood, Mark. "Dr Clarence Mini (1951–2020): A champion for health and human rights". Daily Maverick. Besoek op 15 Mei 2020.
  43. Seleka, Ntwaagae. "Tributes continue to pour in for Clarence Mini who died of Covid-19". News24. Besoek op 15 Mei 2020.
  44. "Cameraman Lungile Tom brought Parliament to homes of South Africans". parliament.gov.za. Besoek op 14 Mei 2020.
  45. "eMedia Investments mourns the loss of top cameraman". eNCA (in Engels). Besoek op 14 Mei 2020.
  46. Eloff, Herman. "Iconic SA author Elsa Joubert, 97, dies of Covid-19". Arts (in Engels). Besoek op 14 Junie 2020.
  47. Ho, Ufrieda. "Nomandla Yako, the HIV/Aids activist who 'planted hope'". Maverick Citizen. Besoek op 30 Junie 2020.
  48. Gontsana, Mary-Anne. "Nomandla Yako, who defied Thabo Mbeki by importing HIV medicines, has died". GroupUp. Besoek op 1 Julie 2020.
  49. "North West Cogta MEC dies from Covid-pneumonia". IOL. Mahikeng. 6 July 2020. Besoek op 7 Julie 2020.
  50. Etheridge, Jenna. "Western Cape municipal mayor dies from Covid-19". News24. Besoek op 8 Julie 2020.
  51. "ANC KZN spokesperson Ricardo Mthembu dies of Covid-19". IOL. 8 Julie 2020. Besoek op 8 Julie 2020.
  52. Dayimani, Malibongwe; Ngqakamba, Ngqakamba. "AmaRharhabe Kingdom Queen Noloyiso Sandile dies of Covid-19". News24. Besoek op 8 Julie 2020.
  53. "Former Springbok wing dies of Covid-19 complications". Sport (in Engels). Besoek op 2020-07-10.
  54. Chabalala, Chabalala. "Covid-19 reaches 'doorstep of the judiciary' - Eastern Cape judge dies after testing positive". News24. Besoek op 13 July 2020.
  55. Buffalo City Council Speaker Alfred Mitsi dies of COVID-19 complications
  56. Ferreira, Thinus. "Legendary SA casting director Moonyeenn Lee dies from Covid-19 complications". Besoek op 19 Julie 2020.
  57. Ray, Craig. "Chapter closes for 'encyclopaedia of SA Rugby'". Daily Maverick. Besoek op 21 Julie 2020.
  58. "ANC MP Zamuxolo Peter died after testing positive for Covid-19". News24. 1 Augustus 2020. Besoek op 1 Augustus 2020.
  59. Niemandt, Nelis (18 Augustus 2020). "Oudste NG Leraar (99) Sterf". Kerkbode. Besoek op 19 Augustus 2020.
  60. Strydom, Marc (19 Augustus 2020). "Legendary sports journalist S'busiso Mseleku dies: He was a legend when it comes to football". Sunday Times Timeslive.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]