Kranskop (koppie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kranskop
Noordaansig op Kranskop en N1, Limpopo, b.jpg
Ligging Limpopo, Suid-Afrika
Hoogte 1365 meter bo seevlak
Koördinate 24°43′22″S 28°31′51″O / 24.72278°S 28.53083°O / -24.72278; 28.53083Koördinate: 24°43′22″S 28°31′51″O / 24.72278°S 28.53083°O / -24.72278; 28.53083
Ligging van Kranskop op 'n kaart (Suid-Afrika)
Kranskop
Kranskop

Kranskop is 'n bergkoppie reg langs die N1 in Limpopo, Suid-Afrika. Dit bestaan uit rooi sandsteen en is aan die wesgrens van die Springbokvlakte geleë, sowat 8 km noordoos van Kranskoptolhek[1] en 3 km suid van die Nylrivier. Die kruin van die kop is 1 365 m bo seevlak en toon uit sekere oogpunte 'n ooreenkoms met 'n piramide – dit is trouens deur die Jerusalemgangers as die ruïne van een aangesien. Sekere plaaslike Bapedi beskou dit as 'n heilige berg en hul rituele word snags teen die hange uitgevoer.[2]

Fauna en flora[wysig | wysig bron]

Die kop word aan die noorde begrens deur die grasvlaktes van die Nylvloedvlakte. Aan die kop se voet groei digte bosveld met ondermeer groot maroela-, vaalboom- en rooiseringbome, en op die kruin enkele papierbome wat laatsomer pryk in geel loof. Rooijakkalse, grondeekhorings, springhase, steenbokke, duikers, vlakvarke en enkele rondswerwende koedoes word hier aangetref, benewens nonnetjie- en witkoluile.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Flag of South Africa.svg Hierdie Suid-Afrika-verwante artikel is slegs 'n saadjie. U kan ons wikipedia help deur dit uit te brei.