Krewel-skad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krewel-skad
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Carangidae
Genus: Alepes
Spesie: A. djedaba
Binomiale naam
Alepes djedaba
(Forsskål, 1775)
Verspreiding van die Krewel-skad
Verspreiding van die Krewel-skad
Sinonieme
  • Scomber djedaba,
    Forsskål, 1775
  • Atule djedaba,
    (Forsskål, 1775)
  • Selar djedaba,
    (Forsskål, 1775)
  • Atule kalla,
    (Cuvier, 1833)
  • Caranx kalla,
    (Cuvier, 1833)
  • Caranx microbrachium,
    (Fowler, 1934)

Die krewel-skad (Alepes djedaba) is 'n vis wat voorkom in die Indiese- Stille Oseaan gebied, die Rooisee en langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis as die Shrimp scad bekend.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 34 cm groot. Hierdie vis is klein met 'n spoelvormige lyf en is silwer oor die hele lyf. Tog lyk die vis grys-groen van bo af en witterig van onder af. Daar is 'n swart vlek op die boonste kieue deksel. Die stertvin is geel terwyl die pektorale vinne lank en sekelvormig is. Hierdie vis is 'n roofvis wat in groot skole saam jag. Hulle kom naby kus riwwe voor, soms ook by rots punte en skeepswrakke in water wat 2 tot 50m diep is.

Hulle vreet 'n verskeidenheid vis en skaaldiere.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]