Die Krugermiljoene
Kruger Miljoene | |
---|---|
Regisseur | Ivan Hall |
Produksieleier | Bill Venter |
Draaiboek | Jan Perold (storie), Fanus Rautenbach (storie) |
Met | Leon le Roux Brenda Bell Helga van Wyk |
Musiek deur | Con Lamprecht |
Kinematografie | Manie Botha en Louis de Witt |
Redigeerder | Oscar Burn |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1967 |
Speeltyd | 83 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Kruger Miljoene is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1967 vrygestel is. Ivan Hall was die regisseur. Die storie is deur Jan Perold en Fanus Rautenbach geskryf.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n aksiebelaaide oorlogsdrama en musiekblyspele. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding) vir geweld.
Akteurs
[wysig | wysig bron]Die hoofspelers is:
- Leon le Roux as Chris Botha
- Brenda Bell as Joan Gray
- Helga van Wyk as Dinah (Parker se dogter)
- Carel Trichardt as Ben Burghers
- Bob Courtney as Majoor Turner
- Dirk de Villiers
- Gerald Bellamy as Parker
- James White as O'Grandy
- Michael du Preez
- James Norval
- George Moore as militêre dokter
- Gé Korsten as Du Toit, die singende Bolandse rebel (sy rolprentdebuut)
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n histories drama wat oor die lot van die vermiste Kruger-miljoene spekuleer[1]. Dit speel in die middel van die Anglo-Boereoorlog in die jaar 1900 in Suid-Afrika af. Boere-president Paul Kruger het geld nodig om ammunisie te koop, maar die enigste internasionaal aanvaarde geldeenheid is goue munte. Kruger gee sy mees betroubare soldate, die Kavaliers, 30 dae om 'n berg goudstawe in munte te slaan. Die Kavalier-leier, Chris Botha, stel die plan in werking, maar die geheime aktiwiteit trek gou aandag van die Britte, sowel as 'n mynkaptein se jong dogter, wat op Botha verlief raak. Hy het egter sy hart op 'n Engelse verpleegster. Teen die tyd wat die munte geslaan is, kan die Kavaliers nie ontsnap nie omdat hulle deur duisende Britse troepe omring is. Die twee vroue en die mintmeester, Ben slaag daarin om die situasie op merkwaardige wyse te beredder.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Gé Korsten sing My hart verlang na die Boland in die rolprent op YouTube
- Gé Korsten sing Erika in die rolprent op YouTube
- IMDB