Kumba Iron Ore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kumba Iron Ore
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 2001
Hoofkantoor Centurion, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneNorman Mbazima (hoof- uitvoerende beampte), Frikkie Kotzee (hoof- finansiële beampte)
IndustrieMynbou
ProdukteYstererts
InkomsteR47 957 miljoen (2014)
Netto inkomsteR14 148 miljoen (2014)
Werknemers14 040 (2014)[1]
MoedermaatskappyAnglo American-korporasie
Webwerfangloamericankumba.com

Kumba Iron Ore Beperk is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy betrokke by die eksplorasie, winning, veredeling, bemarking, verkoop en vervoer van ystererts. Dit is die grootste produsent van ystererts in Afrika en op vier na die grootste in die wêreld.[2][3] Kumba is 'n dogtermaatskappy van Anglo American-korporasie.

Die Shishen-myn

Kumba se grootste myn is by Sishen in die Noord-Kaap. Dit lewer 70% van die firma se produksie. In 2015 was dit 31,4 Mt. Die Kolomela-myn (ook in die Noord-Kaap) lewer 'n 12 Mt per jaar en die Thabazimbi-myn ongeveer 1 Mt. In 2015 het die firma 43,5 Mt uitgevoer en 4,3 Mt plaaslik verkoop. Kumba lewer erts aan klante in Suid-Afrika, die Volksrepubliek China, Indië, Japan, Suid-Korea, die Midde-Ooste en Europa.

Die firma het 'n 14 000 werknemers, is op die JSE genoteer en die hoofaandeelhouer is Anglo-American plc met 70% van die aandele in sy besit. Die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie besit 13% en die Onafhanklike Beleggingskorporasie 1% van die firma.

Lees ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Integrated Report 2014" (PDF). angloamericankumba.com. Besoek op 19 Augustus 2015.
  2. (en) "An MBendi Profile – Organisation: Exxaro Resources Limited". Besoek op 2 April 2009.
  3. (en) Onstad, Eric (10 Julie 2009). "Anglo American names new chairman". Reuters. Besoek op 1 Augustus 2009.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • sashares.co.za/jse-top-40
  • www.angloamericankumba.com
  • www.sharedata.co.za