Lalapalm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Lalapalm
Hyphaenecoriacea.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Hyphaene

Spesie:
A. coriacea
Binomiale naam
Aloe coriacea
'n Lalapalm.

Die Lalapalm (Hyphaene coriacea) - voorheen Hyphaene natalensis - is 'n mediumgroot immergroen boompalm (tot 15 m) en kom voor aan die kus van KwaZulu-Natal tot in die sanderige gebiede van die Krugerwildtuin. Die blare is waaiervormig en grysgroen. Die vrugte is ongeveer 4 cm in deursnee, draderig en oranjerooi tot donkerbruin. Die vrugte word in groot hoeveelhede aan die vroulike bome gedra en neem twee jaar om volwasse te word. Dan neem dit nog 'n verdere twee jaar om af te val; dus is vrugte regdeur die jaar beskikbaar. Dié palms word goed benut en daar word wyn van hulle sap gemaak.

Trivia[wysig | wysig bron]

Die dorpie Malalane se naam is 'n vervorming van die Swazi-uitdrukking emlalani (die plek van die lalapalms).

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]