Septemberbossie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Langelier)
Spring na: navigasie, soek
Septemberbossie
Septemberbossie (Polygala myrtifolia)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Fabales
Familie: Polygalaceae
Tribus: Polygaleae
Genus: Polygala
Spesie: P. myrtifolia
Binomiale naam
Polygala myrtifolia
L.
Sinonieme
  • Polygala pinifolia Poir.
  • ?Psychanthus grandiflorus Spach
  • Psychanthus myrtifolius (L.) Spach
  • Psychanthus myrtifolius (L.) Raf.[1]
Augustusbossie in Jan Marais-park, Stellenbosch.

Die Septemberbossie (Polygala myrtifolia, ook Augus(tus)bos(sie), blouertjie, heuningblombos, langelier, lankgelede[2]) is 'n klein boom of struik wat groei in 'n verskeidenheid habitatte: woudrande, op dagsome en in sanderige kusstreke. Hulle kom voor vanaf Kaapstad tot in die suide van KwaZulu-Natal.

Tuinbou[wysig | wysig bron]

Die Septemberbossie groei vinnig, is immergroen en bereik 'n hoogte van ongeveer 3 meter. Alhoewel dit in gedeeltelike skadu sal groei, verkies dit vol son. Hierdie struik aard goed langs die kus en kan die winde daar trotseer. Dit dien ook as 'n goeie windskerm vir die res van die tuin.

Te danke aan die Septemberbossie se netjiese groeiwyse, is dit nie nodig om dit te snoei nie. Takke wat in die pad is kan wel afgesny word sonder om skade aan te rig.

Die blomme is rooipers en verskyn in oorvloed in die lente, veral in September, vandaar die Afrikaanse volksnaam "Septemberbossie". Die blomme is gewild onder hommelbye en skoenlappers.

Voortplanting[wysig | wysig bron]

Onder gunstige toestande sal volgroeide struike dikwels hulself saai. Hierdie saailinge kan dan in potte oorgeplant word totdat hulle groter is.

Saad wat in die ou blomme vorm kan ook versamel word om later gesaai te word. In die Wes-Kaap moet die saad in die winter gesaai word, sodat die saailinge kans het om gevestig te word voordat die warm somerweer begin.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. [1] Sinonieme in The Plant List
  2. SANBI gee foutiewelik die naam langelede aan.