Lapas
Voorkoms
Lapas Лапас | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°57′06″N 47°49′48″O / 46.95167°N 47.83000°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Charabali |
Bevolking | |
• Totaal | 688 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416024 |
Lapas (Russies: Лапас) is 'n Nogai-dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Chosjeoetowo Plaaslike Munisipaliteit.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Lapas is in die 1850's deur die Nogai-setlaars uit Seïtofka gestig. Die dorpie se naam kom van 'n fonetiese aanpassing van die Russiese woord лабаз (labaz), waarvan die letterlike betekenis "klein winkel" of "stoorplek" is.[1]
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens Sensus 2010 het Lapas 665 inwoners gehad. Die Nogais is die grootste groep.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Nogais | 314 | 47,2% |
Kasakke | 278 | 41,8% |
Tsjetsjniërs | 30 | 4,5% |
Tartare | 23 | 3,5% |
Russe | 9 | 1,4% |
Oeigoere | 4 | 0,6% |
Oekraïners | 4 | 0,6% |
Kalmikiërs | 3 | 0,5% |
Totaal | 665 | 100% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Лапасский сельский филиал". Хошеутовский сельский филиал МКУК «Харабалинская межпоселенческая библиотека» (in Russies). Besoek op 17 Julie 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 17 Julie 2023.