Leading lady
Leading Lady | |
---|---|
Regisseur | Henk Pretorius |
Draaiboek | Henk Pretorius Tina Kruger |
Met | Bok van Blerk Brümilda van Rensburg Katie McGrath |
Musiek deur | Benjamin Willem |
Kinematografie | Trevor Calverley |
Redigeerder | Warwick Allan |
Ateljee | Dark Matter Studios |
Verspreider | Ster Kinekor |
Uitgereik | 28 November 2014 |
Speeltyd | 96 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Leading Lady is 'n Suid-Afrikaanse rolprent wat op 28 November 2014 in Suid-Afrika vrygestel is. Die film word ook in die VSA versprei en sal daar in teaters vertoon word. Dit is in Londen, die Oos-Vrystaat, Heidelberg en Johannesburg verfilm.
Leading Lady het in die eerste naweek meer as R1,368 miljoen by die loket verdien. Dit is meer as wat die romantiese komedie, Semi-soet met sy openingsnwaweek ingebring het (R1,3 miljoen).[1]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.
Hoorrolspelers
[wysig | wysig bron]- Katie McGrath as Jodi Rutherford
- Bok van Blerk as Kobus Willemse
- Gil Bellows as Daniel Taylor
- Brümilda van Rensburg as Magdaleen Willemse
- André Stolz as Japie van der Merwe
- Eduan van Jaarsveldt as Johan Willemse
- Craig Palm as Petrus Engelbreght
- Mary Twala as Sarah Novuka
Asook andere.
Storielyn
[wysig | wysig bron]Leading Lady vertel die verhaal van ’n jong opkomende Britse aktrise, Jodi Rutherford, wat Kobus Willemse, ’n Suid-Afrikaanse boer van Brandfort, oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol as ’n Afrikaanse oorlogsheldin in 'n Hollywoodse rolprent. In ruil daarvoor kry sy die geleentheid om die jaarlikse konsert op Willemse se plaas te reël en die regie te behartig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Leading Lady ʼn groot treffer onder fliekvlooie, Maroela Media, 6 Desember 2014