Lebombo-broodboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lebombo-broodboom
Nasionale nommer: 14.8 [1]
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie: E. lebomboensis
Binomiale naam
Encephalartos lebomboensis
I.Verd.

Die Lebombo-broodboom (Encephalartos lebomboensis) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Daar is twee populasies: die een is by Mananga in Mpumalanga en die ander by Piet Retief in die boonste gedeelte van die Pongolavallei. Die plant groei vinnig en word tot 4 m hoog. Dit groei in goedgedreineerde grond, verkies sonlig en gedeeltelike skadu areas. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.

Sedert 1996 is die spesie verdeel en Encephalartos senticosus word as 'n aparte spesie beskou. Die plant se nasionale nommer is 14.8[2]. In Engels staan die broodboom as die Lebombo cycad bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]