Leendert te Groengebou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Leendert te Groengebou is 'n historiese gebou in Vermeulenstraat in Pretoria. Die gebou is tussen 1903 en 1905 opgerig. Leendert te Groen het 'n sigaretfabriek in die gebou begin waar sigarette met Transvaalse tabak gemaak is. Die gebou het tot onlangs gedien as museum vir die werk van die kunstenaar JH Pierneef.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Henie Heydenrych en Abrie Swiegers, Discover Pretoria, J.B. van Schaik, Pretoria, Suid-Afrika, 1999, p80