Len Muller

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Len Muller
OorsprongRichardsbaai, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, akteur
Genre(s)Kontemporêr, alternatief
EtiketteKanada Records
InvloedeEd Sheeran, Ben Harper, Ben Howard, City and Color, Bright Eyes, Jack Johnson
Webwerflenmuller.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Len Muller is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het al saamgewerk met Stef Bos, Joshua na die Reën, Retief Burger, Bouwer Bosch en Faraway George[1] en deel gereeld verhoë reg oor die land saam met onder andere Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter, Liani Reynolds, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Jak de Priester, en Andriëtte Norman.

Doodgewone avontuur (2015)[wysig | wysig bron]

Muller se debuutalbum Doodgewone avontuur word in 2015 vrygestel en word vir Ghoema- en Tempo-toekennings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar benoem. "Sarie Marais", 'n samewerking met Stef Bos, bereik nommer-1 op die trefferlyste van Groot FM en Maroela Media. Die eerste snit op die album, "Smag na jou", word op die klankbaan van die romantiese komedie Strikdas gebruik. "Vir die een wat geval het" is Len Muller se grootste treffer tot op datum geskryf saam met Jattie de Beer en opgeneem saam met Joshua na die Reën.

Oog van die storm (2017)[wysig | wysig bron]

Oog van die storm is Muller se tweede vollengte-ateljeealbum. Die eerste snit op die album, "Ek glo", was in 2017 vir drie weke in die eerste posisie op Maroela Media se Top-20. Die derde snit, "Sing vir sente", is in samewerking met Faraway George geskryf.[1]Die lied 'Vrede' geskryf in samewerking met Roan van As op die album is ook gebruik vir die bekende kykNET sepie 'MENSE MENSE' met bekende akteurs soos Bobby van Jaarsveld, Sandra Prinsloo, Reynard Slabbert, Lea Vivier, Crystal-Donna Roberts en Solomon Cupido in die hoof rolle.

'Akoesties' EP (2019)[wysig | wysig bron]

Muller se tweede kortspeelateljeealbum (EP) is in 2019 by Bellville Studios met vervaardiger Theo Crous en saam Gideon Botes in Little Big Studios opgeneem.[2][3] "Oorgenoeg", die eerste enkelsnit vanaf hierdie album tref Suid-Afrikaanse radiostasies op 24 Mei 2019.[2][3]

Diskografie[wysig | wysig bron]

Vollengte ateljeealbums[wysig | wysig bron]

  • 2015: Doodgewone avontuur
  • 2017: Oog van die storm

Kortspeelateljeealbums (EP's)[wysig | wysig bron]

  • 2012: Len Muller EP
  • 2019: Akoesties EP[3][2]

Filmografie[wysig | wysig bron]

Televisiereekse[wysig | wysig bron]

  • 2016: Hotel

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]