Leo Weinthal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Leo Weinthal was 'n Suid-Afrikaanse joernalis. Hy is in 1865 in Graaf-Reinet gebore. Hy was aan nuusblaaie in die vroeë Johannesburg en Pretoria verbonde. Hy was die redakteur van die Krugergesinde Engelse tydskrif, Press en korrespondent vir The Times, Daily Telegraph en Reuter. Hy was 'n intieme vriend van president Paul Kruger. Na die Tweede Vryheidsoorlog vestig hy hom in Engeland en stig in 1902 die African World. Hy het The Story of the Cape to Cairo Rail and River Route in 1923 in vyf boekdele gepubliseer. Hy is in 1930 oorlede.

Bron[wysig | wysig bron]