Lephalalarivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Lephalalarivier
Palala-rivier
Lephalalarivierkloof in die Lapalalawildernis, Waterberg
Lephalalarivierkloof in die Lapalalawildernis, Waterberg
Monding Samevloei met Limpoporivier
Stroomgebied Limpopo
Ligging van Lephalalarivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Lephalalarivier
Lephalalarivier
Koördinate: 23°5′2″S 27°53′40″O / 23.08389°S 27.89444°O / -23.08389; 27.89444Koördinate: 23°5′2″S 27°53′40″O / 23.08389°S 27.89444°O / -23.08389; 27.89444

Die Lephalalarivier is 'n rivier in die noordweste van Suid-Afrika en sluit aan by die Limpoporivier. Dit is 'n belangrike waterweg in die Waterbergarea van die Limpopoprovinsie. Die rivier dreineer meeste van die Lapalalawildernis en 'n aansienlike bykomende gedeelte wat 'n belangrike habitat vorm vir inheemse wildlewe. Die oorwegend droë bladwisselende bosgemeenskap van die hoogland bo die waterskeiding is die tuiste van baie groot Afrikasoogdiere insluitend blouwildebeeste, koedoes, kameelperde, witrenosters en talle ander wildsbokke.

Die Lephalalarivier beskik oor hoë kwaliteit water met sterk vloeiende strome, veral in die boonste streke; dienooreenkomstig is sy biotiese status as "gesond" beoordeel deur gebruik te maak van die Noord-Afrikaanse baber as 'n bio-merker. Interessante prehistoriese rotskuns bestaan ​​op die walle langs die rivier in die Lapalalawildernis.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.