Leyton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leyton
Stadssaal en Bibliotek
Stadssaal en Bibliotek
Ligging van Leyton op 'n kaart (Groter Londen)
Leyton
Leyton
Koördinate: 51°33′38″N 0°00′56″W / 51.56056°N 0.01556°W / 51.56056; -0.01556Koördinate: 51°33′38″N 0°00′56″W / 51.56056°N 0.01556°W / 51.56056; -0.01556
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Flag of England.svg Engeland
Graafskap Groter Londen
Tydsone MGT (UTC±00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode E10, E15
Skakelkode(s) 020

Leyton is 'n buurt in die Londense administratiewe distrik Waltham Forest. Dit is 10 km (6,2 myl) noordoos van Charing Cross geleë en grens aan Walthamstow en Leytonstone; Stratford in Newham; en Homerton en Lower Clapton in Hackney.

Kleurryke huisfasades in High Road, Leyton
Victoriaanse terrashuise in Dunedin Road, Leyton

'n Deel van die Queen Elizabeth Olympic Park, waar wedstryde van die Olimpiese Somerspele 2012 gehou is, is in Leyton geleë, net soos die Velopark-stadion wat vir Olimpiese fietsry-items aangewend is en waar die UCI BMX Supercross World Cup ook al vantevore aangebied is, en Leyton Orient Football Club, alhoewel die gebied oorwegend residensieel is. Dit bestaan hoofsaaklik uit Victoriaanse en Edwardiaanse terrashuise wat tussen 1870 en 1910 ontstaan het, met enkele moderne behuisingsprojekte daartussen.