Lokval in Venesië
Lokval in Venesië | |
---|---|
Regisseur | Ivan Hall |
Met | Gé Korsten Diane Ridler Bob Riley |
Kinematografie | Ivo Pellegrini |
Ateljee | Kavalier Films |
Uitgereik | 1972 |
Speeltyd | 88 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Lokval in Venesië is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 uitgereik is. Die regisseur was Ivan Hall, terwyl Gé Korsten die hoofrol vertolk het. Dit is Gé se voorlaaste fliek, en is vyf jaar voor Netnou hoor die kinders verfilm. Die rolprent is op 14 Oktober 2012 in DVD-formaat gratis saam met die Rapport aan sy lesers versprei.[1][2]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Gé Korsten as die speurder, Alwyn van der Hoven
- Diane Ridler
- Bob Riley as die rower
- June Seymour as Zelida
- Maude Klang (née Adendorff) as Gogga, ’n verstekeling op die skip
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die rolprent handel oor Zelida, ’n eksentrieke oujongnooi, wie se juwele gesteel is. Sy en haar niggie gebruik die sakkevol versekeringsgeld wat uitbetaal is om ’n bootreis vanaf Suid-Afrika na Venesië in die Mediterreense See te onderneem. Sy is heeltemal onbewus van ’n agterdogtige speurder, wat hom as ’n ambassadeur voordoen sodat hy hulle onder oë kan hou. Intussen is die rower met sy mooi meisie en die gebuite juwele ook op die skip. Boonop is daar ’n weeskind-verstekeling wat sake verder deurmekaar krap.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Liefde, spanning, ’n rower en ’n laspos: dís als in Gé se fliek Geargiveer 4 Oktober 2012 op Wayback Machine, Beeld, 29 September 2012
- ↑ Gé maak destyds vir Gogga bang Geargiveer 10 Oktober 2012 op Wayback Machine, Rapport, 7 Oktober 2012