Louis Karol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Portside Tower, Kaapstad se hoogste wolkekrabber. Louis Karol se firma het dit ontwerp.

Louis Karol (gebore 30 Junie 1928) is ’n Suid-Afrikaanse argitek.

Hy is in Litaue gebore en het in 1936 saam met sy Joodse gesin na Suid-Afrika geïmmigreer. Pas nadat hy aan die Universiteit van Kaapstad afstudeer het, het hy in 1952 sy eie praktyk geopen. Sy firma het twee pryse van die Instituut van Argitekte gewen, een vir ’n skool en die ander vir ’n kantoorblok. Van sy prestigeprojekte sluit die hotelle Cape Grace, Table Bay en Cape Sun in.[1]

Bronne[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) LouisKarol.com. URL besoek op 13 November 2017.