Louis Maqhubela

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Louis Maqhubela is 'n skilder wat in 1939 in Durban gebore is.[1][2] Hy het sy skoolopleiding aan die Orlando High School ontvang en het daarna 'n tyd lank aan die Polly Street Art Centre onder Cecil Skotnes, en later ook onder Guiseppe Cattaneo gestudeer.[3] In 1966 het hy die eerste prys in die Artists of Fame and Promise Exhibition verower.

Hy het sowel in Suid-Afrika as in die buiteland uitgestal en het die Cambridge Shirt-toekenning op die Art South Africa Today-uitstalling ontvang. Hy het sedert die sewentigerjare in Ibiza, Spanje gewoon. In 1975 het hy aan 'n tentoonstelling van die Londense tak van die Johannesburgse Galery 21 deelgeneem.

Sedert sy eerste eenmanstentoonstelling in 1967 het Maqhubela se werk ontwikkel van 'n amateuragtige, naïewe benadering tot ʼn professionele vaardigheid. Sy werk is abstrak en simbolies met 'n unieke poëtiese krag. Sy besondere gevoel vir kleur is 'n voortreflike kenmerk van Maqhubela se kuns.

Werke[wysig | wysig bron]

  • Zebra (1962) [4]
  • Untitled [5]
  • Composition [6]
  • Pondo Forms (1996) [7]
  • Trellis (1997)[8]
  • Inyoka II (2002)[9]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]